1887

oa Civil Engineer in South Africa - Aardbewingontwerp in Suid-Afrika

 

Abstract

Aardbewings is nie 'n algemene verskynsel in Suid-Afrika nie. Gevolglik word daar in die gewone praktyk nie veel aandag gegee aan die ontwerp van strukture teen aardbewings nie en die Standaardbouregulasies bevat geen aanduidings oor hoe om voorsiening teen aardbewings te maak nie. Nogtans bestaan daar wel 'n aardbewingrisiko in Suid-Afrika soos die dramatiese Ceres-aardbewing in 1969 en die onlangse aardbewing in Welkom wel deeglik aangetoon het. Hierdie aardbewings het heelwat materiele skade veroorsaak maar gelukkig was die lewensverlies klein. As die Ceres-aardbewing egter in 'n dig-beboude gebied voorgekom het, sou die skade en lewensverlies baie groter gewees het. Gevolglik is dit noodsaaklik dat strukture in Suid-Afrika ook teen 'n aardbewingrisiko ontwerp moet word.


Die aardbewingrisiko hang natuurlik af van die geologie van die omgewing en die gebruik van die struktuur. 'n Hospitaal sal byvoorbeeld meer aardbewingbestand moet wees as 'n fabrieksgebou. Dikwels kan die aardbewingrisiko by die ontwerp van geboue in ag geneem word sonder om die koste van strukture noemenswaardig te verhoog. Die gedagte met hierdie artikel is dus om in die lig van onlangse aardbewingskade in Suid-Afrika basiese aardbewingontwerp-praktyke meer onder die aandag van ontwerpers alhier te bring.

Loading

Article metrics loading...

/content/civeng1/21/1/EJC24746
1979-11-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error