1887

oa Civil Engineer in South Africa - Die veroorsaking van 'n suiwer ekonomiese verlies deur 'n nalatige konstruksiewerker : tegniese verhandeling

 

Abstract

Die basiese uitgangspunt van ons reg is dat skade rus waar dit val, behalwe as daar erkende grond bestaan waardeur 'n ander persoon verplig kan word om die skade te dra. So sal 'n konstruksiemaatskappy wat op 'n onregmatige en nalatige wyse skade aan die bates van 'n persoon veroorsaak, volgens die beginsels van die reg aangaande die onregmatige daad vir die skade aanspreeklik wees. Die maatskappy moet 'n bedrag geld aan die benadeelde betaal vir die skade wat hy gely het.


Probleme ontstaan egter waar tasbare eiendom van die eiser nie fisies benadeel word nie, maar die eiser wel in die toekoms skade as gevolg van die handeling ly. So 'n geval is waar 'n kontraktuele verhouding tussen die eiser en 'n derde persoon deur die dader geskend word. Die skade staan as 'n suiwer ekonomiese verlies bekend en die hof is van mening dat as die vyf elemente, nl skade, onregmatigheid, skuld, handeling en kousale verband van die onregmatige daad aanwesig is, die maatskappy vir die skade aanspreeklik sal wees.

Loading

Article metrics loading...

/content/civeng1/27/9/EJC25005
1985-09-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error