1887

oa Communicare : Journal for Communication Sciences in Southern Africa - Bevolkingstendense in die RSA - belangrikste implikasies

 

Abstract

Bevolking is en bly 'n land se belangrikste natuurlike hulpbron. Demografiese struktuurveranderinge hou derhalwe verreikende sosioekonomiese en politieke implikasies vir 'n land in. Ongelukkig dring inligting ten opsigte van demografiese struktuurveranderinge baie geleidelik tot beleidmakers, beplanners en die algemene publiek deur. Daars derhalwe gewoonlik 'n neiging om die verlede net so in dietoekoms te projekteer en daarvolgens te beplan. In Suid-Afrika het veral differensiele bevolkingsgroeitussen die verskillende rasgroepe (blankes, Kleurlinge, Asiers en swartes) en ook tussen die verskillende swart volksgroepe (Xhosas, Zoeloes, Noord-Sotho's, ens.) en herverspreiding van die bevolking (interne migrasie) belangrike sosio-ekonomiese en politieke implikasies. Daar heers egter 'n verbasende onkunde in Suid-Afrika omtrent hierdie veranderinge. Een van die redes hiervoor is waarskynlik die feit dat die Suid-Afrikaanse bevolking uit 'n groot aantal minderheidsgroepe saamgestel is en dat aspekte soos bevolkingsgroei, gesinsbeplanning, ens. in hierdie heterogene samelewing met groot omsigtigheid gehanteer moet word.

Loading

Article metrics loading...

/content/comcare/2/2/AJA02590069_154
1981-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error