
Full text loading...
Frank Fillis was Suid-Afrika se grootste en bekendste sirkusbaas van die laat 19de en vroeg 20ste eeu. Hy was besonder talentvol in die ruiterkuns, afrigting van diere en die choreografie van epiese skouspele - waarvan "Savage South Africa" hier ter sprake is. Hierdie vertonings was in 1899 deel van die Greater Britain Exposition in Earl's Court (Londen) en is in 1900 in Olympia voortgesit voordat Fillis daarmee op 'n toer deur die provinsies gegaan het. Dit was vermaaklikheidskunstenaars soos Frank Fillis waf in die 19de en 20ste eeu gehelp het om Europese en Amerikaanse persepsies van Afrikane te vorm. In 'n tydperk toe die Westerse beskawing gefassineer was deur die "donker kontinent", het hierdie etnologiese skouspeleluitstallings baie keer ten doel gehad om die gehoor op te voed of in te lig. Terselfdertyd was dit openlike ekonomiese en fisieke uitbuiting. Die Afrikane is gebruik om stereotipes van barbaarsheid, swart etnisiteit en wreedheid aan die Europese (en Amerikaanse) gehore voor te hou. "Savage South Africa" het tonele uit die Matabele-oorloe van 1893 en 1896 uitgebeeld en moes Rhodesie (Zimbabwe) as 'n nuweling-kolonie aan die Britse publiek bekendslel. As deel van die skouspel is 'n kraal gerekonstrueer wat die verskillende swart stamme in hul natuurlike alledaagse lewe moes uitbeeld. Duisende mense het na hierdie uitstalling gestroom en die skouspel was 'n groot sukses. In plaas daarvan dat hierdie vertonings opvoedkundig van aard was, het dit egter 'n rasse-byenes oopgekrap. Dit was veral die aandag wat die Britse vroue aan die swart krygers geskenk het, wat momentum aan weerstandsaksies gegee het. Een van die sterre van die vertoning, "prins" Lobengula, se verlowing aan Kitty Jewell het daarop uitgeloop dat vroulike besoekers die kraal verbied is. Benewens die rassekwessie het die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog ook daartoe bygedra dat die vertonings gestaak is.
The "Savage South Africa" show of Frank Fillis (1899-1900)
Article metrics loading...