
Full text loading...
Mondelinge inligting oor die boutegnologie wat geassosieer word met woningbou op plase in die Waterberg (Limpopo Provinsie)
Die Waterberg is bekend vir welige plantegroei en volop inheemse houtsoorte wat vir die konstruksie van eenvoudige geboue, strukture en meubels gebruik kan word. Dit het moontlik aanleiding gegee tot die sterk en relatief lang volksboutradisie onder die Blanke boere pioniers en hulle nasate vanaf die middel van die 19de eeu tot in die middel van die 20ste eeu. Alhoewel die meeste van die geboutjies en strukture nie vandag meer bestaan nie is van die inligting wat met die era se volksargitektuur geassosieer word steeds in die vertellinge van die latere generasie inwoners terugvindbaar. Hierdie artikel stel van die mondelinge inligting oor die oudste pionierswonings op plase van die Waterberg bekend.
Article metrics loading...