1887

n South African Journal of Cultural History - Students with South African connections at the conservatorium of music in Leipzig, 1843-1943

USD

 

Abstract


In 'n vorige artikel het ek die 31 Suid-Afrikaners bespreek wat tussen 1893 en 1914 aan die in Leipzig studeer het. Die doel van die huidige artikel is om die vorige een uit te brei om sodoende inligting te verskaf oor ander studente tussen 1843 (toe die Conservatorium gestig is) en 1943, 'n eeu later. Onder die studente wat bespreek word, is eerstens daardie nie-Suid-Afrikaners wat nie in die lys studente verskyn met die naam van 'n plek in Suid-Afrika nie, maar wat nogtans een of ander verbintenis met Suid-Afrika gehad het. Onder hulle tel drie Nederlanders wat later Afrikaanse liedere gekomponeer het: Willem Frederic Gerard Nicolai (van Leiden), Johannes Hendricus Franciskus Vink (Haarlem) en Cornelius Dopper (Stadskanaal). Karl Friedrich Metzler (van Frankenberg, Duitsland) was later 'n vioolonderwyser in die Paarl, Ellie Marx (wat in Newport, Wallis gebore is) het 'n vooraanstaande vioolonderwyser in Kaapstad geword, en Otto Louis Gustav Menge (van Einbeck naby Hannover, Duitsland) was 'n violis en vioolonderwyser in Johannesburg, Heidelberg en Bloemfontein. Die tweede groep bestaan uit daardie Suid-Afrikaners wat tussen die begin van die Eerste Wêreldoorlog (1914) en 1943 aan die Conservatorium studeer het. Daar was slegs vier: Winnifred Vihrog (gebore in Kimberley), Clara Iva Rosa Manthey (Klerksdorp), Gloria Alexander (Johannesburg), en die pianis Bruno Raikin wat in Riga in Letland gebore is, maar in Pretoria grootgeword het. Die Suid-Afrikaanse pianis Bosman di Ravelli het nie aan die Conservatorium studeer soos wat sekere bronne dit wil hê nie.

In a previous article I discussed the 31 South Africans who studied at the in Leipzig between 1893 and 1914. The aim of the present article is to expand the previous article in order to offer information about other students between 1843 (when the Conservatorium was founded) and 1943, a century later. Among the students discussed are firstly those non-South Africans who do not appear in the list of students with the name of a place in South Africa, but who nevertheless had some connection with South Africa. Among them are three Dutchmen who later wrote Afrikaans songs: Willem Frederic Gerard Nicolai (from Leiden), Johannes Hendricus Franciskus Vink (Haarlem) and Cornelius Dopper (Stadskanaal). Karl Friedrich Metzler (from Frankenberg, Germany) later taught the violin in Paarl, Ellie Marx (born in Newport, Wales) became a foremost violin teacher in Cape Town and Otto Louis Gustav Menge (from Einbeck near Hannover, Germany) was a violinist and violin teacher in Johannesburg, Heidelberg and Bloemfontein. The second group were those South Africans who studied at the Conservatorium between the beginning of World War 1 (1914) and 1943. There were only four: Winnifred Vihrog (born in Kimberley), Clara Iva Rosa Manthey (Klerksdorp), Gloria Alexander (Johannesburg), and Bruno Raikin, who was born in Riga in Latvia, but raised in Pretoria. The South African pianist Bosman di Ravelli did not study at the Conservatorium, as some sources would have it.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/18/2/EJC30609
2004-11-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error