1887

n South African Journal of Cultural History - Eerbetonings aan Suid-Afrikaanse staashoofde 1910-1966 en die etiese problematiek sedert 1994

USD

 

Abstract

Die gee van geskenke uit erkenning vir iemand se leierskap is so oud soos die mens self. Dié gebruik het deur die eeue momentum verkry en die bewaarde voorwerpe in piramides, museums en ander bergplekke wêreldwyd, is bewyse van die erns waarmee hierdie handeling aangepak is. Suid-Afrikaanse leiers is geen uitsondering wanneer dit by die ontvang van geskenke kom nie.


In hierdie artikel word die gee van geskenke aan staatshoofde, wêreldwyd en in Suid-Afrika, van 1910-1966, asook die etiese kodes en beleidsrigtings sedert 1994, bespreek. Die geskenke word by verskeie museums, universiteite en in privaatbesit bewaar en kom by meeste daarvan 'n mate van gebrek aan dokumentasie en inligting voor. Die algehele gebrek aan beleid in Suid-Afrika oor hulle bewaring en die besef dat nog meer belangrike inligting verlore kan raak, het daartoe aanleiding gegee dat die modus operandi in enkele stamlande en Statebondslande en die Verenigde State van Amerika (VSA) ondersoek is. Slegs die VSA het in die opsig formele wetgewing. Ten slotte is die etiese kode nagegaan en bespreek wat sedert 1994 in Suid-Afrika op parlementêre ampsdraers van toepassing is. nagegaan en bespreek.


The presenting of gifts in recognition of someone's leadership is as old as mankind. This custom gained momentum through the ages and the conserved objects in pyramids, museums and other places of storage, worldwide, are proof of the seriousness with which this act was undertaken. South African leaders are by no means exceptions when it comes to the receiving of gifts.
In this article the presentation of gifts to statesmen, worldwide, and in South Africa, from 1910-1966, and the ethic codes of conduct since 1994, are discussed. These gifts are housed at various museums, universities and in private collections. Unfortunately there is a certain lack of documentation and information about these collections. The overall lack of policy regarding their conservation in South Africa and the realisation that more information could be lost, resulted in a study of the modus operandi in a few countries of origin, commonwealth countries and the United States of America (USA). Only the USA has formal legislation in this regard. Finally, the South African ethical code applicable to parliamentary officials since 1994 is discussed.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/19/2/EJC30628
2005-11-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error