1887

n South African Journal of Cultural History - 'n Egte lugkasteel : Moerdijk, Van Wouw en die Voortrekkermonument

USD

 

Abstract


The architect of the Voortrekker Monument, Gerard Moerdijk, had known the famous South African sculptor, Anton van Wouw, since 1909 and from 1916 onwards they co-operated very closely in designing a worthy future monument to the Voortrekkers. They firmly believed that they would be the chosen architect and sculptor for this prestigious edifice. When, however, in 1936 Moerdijk altered the "Egyptian temple design" they originally submitted in favour of a Völkerschlachtdenkmaltype structure, the interior reliefs for the large marble frieze were given to four younger sculptors and Van Wouw was asked to only make the large statue of the Voortrekker woman and children at the entrance to the monument. In his last years Van Wouw outrightly blamed Moerdijk for not allowing him to create the large sculptural frieze for the monument and for failing to make their dream castle come true.

Die argitek van die Voortrekkermonument, Gerard Moerdijk, het die beroemde Suid-Afrikaanse beeldhouer, Anton van Wouw sedert 1909 geken en van 1916 af het hulle nou saamgewerk om 'n waardige toekomstige monument vir die Voortrekkers te ontwerp. Hulle was vas oortuig dat hulle die uiteindelike argitek en beeldhouer van hierdie invloedryke gebou sou wees. Toe Moerdijk egter in 1936 die "Egiptiese tempelontwerp", wat hulle oorspronklik saam ingedien het, verander het ten gunste van 'n Völkerschlachtdenkmal-soort struktuur, is die reliëfs vir die groot marmerfries aan vier jonger beeldhouers toegeken en Van Wouw is gevra om slegs die groot beeld van die Voortrekkermoeder en haar kinders by die ingang van die monument te maak. In sy laaste jare het Van Wouw vir Moerdijk kwalik geneem dat hy nie toegelaat het dat hy die groot marmerfries vir die monument kon skep nie en hy in gebreke gebly het om hulle egte lugkasteel 'n werklikheid te maak.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/20/2/EJC30675
2006-11-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error