1887

n South African Journal of Cultural History - The impact of politics on heritage and cultural tourism in South Africa

USD

 

Abstract


Hierdie artikel handel oor die verpolitisering van gedenktekens, monumente, museums en historiese terreine wat as toeristebesienswaardighede dien. Dit bevat eerstens 'n uiteensetting van die wisselwerking tussen kultuur, erfenis, toerisme en politiek en tweedens 'n ontleding van die konsep ontstaansmite en hoe dit toerisme in Suid-Afrika sowel voor as na 1994 beïnvloed het. Derdens volg 'n uiteensetting van die aanbieding van Suid-Afrika se kultuurbesit aan toeriste. Die argument wat aangevoer word is dat die gesamentlike kragte van die ontstaansmite en politieke korrektheid dit feitlik onafwendbaar maak dat politiek 'n bepalende invloed sal uitoefen op die wyse waarop erfenis- en kultuurbesienswaardighede hulle boodskap aan toeriste uitdra. Die situasie in Suid-Afrika voor 1994 word met die huidige stand van sake vergelyk en die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat hoewel toerisme tans te midde van die afwesigheid van politieke onstabliteit veel gemakliker funksioneer, politiek voor en na daardie bekende datum 'n massiewe impak op toerisme gehad het.

This article is about the politicisation of memorials, monuments, museums and historical sites that serve as tourist attractions. Firstly it includes an analysis of the interplay between culture, heritage, tourism and politics, secondly an analysis of the concept foundation myth and its impact on tourism in South Africa both before and after 1994 and thirdly an analysis of the presentation of South Africa's cultural property to tourists. The argument advanced is that the twin forces of the foundation myth and political correctness make it almost unavoidable that politics will determine the way in which cultural and heritage attractions convey their message. The position in South Africa before 1994 is compared with the present state of affairs and the conclusion is reached that even though tourism operates more easily at present in the absence of political instability, politics has had a massive impact both before and since that well-known date.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/22/1/EJC30713
2008-06-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error