1887

n South African Journal of Cultural History - Kotie Roodt-Coetzee se bydrae tot die kultuurhistoriese museumwese in Suid-Afrika - die Transvaalmuseumfase, 1933-1964

Volume 22, Issue 1
  • ISSN : 1018-0745
USD

 

Abstract


This article highlights Kotie Roodt-Coetzee's contribution to cultural history museology in South Africa. Her interest in cultural history resulted in her first visit to the Old Museum in Boom Street, Pretoria (at that stage managed by the Transvaal Museum), where she found an exceptional collection of Afrikaner cultural objects. These were regarded as the history collection, as cultural history as an academic subject was in an early stage of development and not recognized as a museum subject on par with archaeology and anthropology. Many of the objects had been collected by the Staatsmuseum of the South African Republic. Roodt-Coetzee was concerned about the poor conditions that prevailed at the Old Museum, and raised the matter on several occasions. The fact that the public saw little of the collection was also a bone of contention. She made use of two opportunities to rectify this matter: objects from the collection were exhibited at the inauguration of the Voortrekker Monument in 1949 and the Van Riebeeck Festival in 1952. After her appointment as curator at the Transvaal Museum in 1953 she planned and put up many new exhibitions, such as the display to commemorate the Centenary of Pretoria in 1955 and the well-known Cape Silver Exhibition in 1962. She succeeded in assembling an exceptional collection of cultural history objects, one of the largest in the country. She regarded the conservation of the collection and the detailed documentation of the objects as priorities. She also gave the necessary attention to the Old Museum, the Kruger House and the museum at the Voortrekker Monument. Her ideal of an independent cultural history section was realized with the establishment of the National Cultural History and Open-Air Museum in 1964.

Hierdie artikel ondersoek Kotie Roodt-Coetzee se bydrae tot die kultuurhistoriese museumwese in Suid-Afrika. Haar belangstelling in kultuurgeskiedenis het gelei tot haar eerste kennismaking met die Ou Museum in Boomstraat, Pretoria (toe nog onder die bestuur van die Transvaalmuseum) en die uitsonderlike versameling Afrikanerkultuurvoorwerpe daar. Dié versameling, wat as die geskiedenisversameling bekend gestaan het, het uit die dae van die Staatsmuseum van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedateer. Kultuurgeskiedenis as vak was nog in sy kinderskoene en is nie as museumdissipline op gelyke voet met antropologie en argeologie erken nie. By verskeie geleenthede het sy haar kommer oor die swak toestand van die voorwerpe uitgespreek en ook die feit dat die grootste gedeelte van die versameling onbekend aan die publiek was. Toe die geleentheid hom in 1949 by die onthulling van die Voortrekkermonument en in 1952 met die Van Riebeeckfees voordoen, het sy baie van die voorwerpe uitgestal. Na haar aanstelling as vakkundige beampte by die Transvaalmuseum in 1953 het sy talle nuwe uitstallings beplan en uitgevoer, onder meer die uitstalling ter viering van die Eeufees van Pretoria in 1955 en die bekende Kaapse silwer-uitstalling van 1962. Sy het haar nie slegs beywer vir die uitbou van die kultuurhistoriese versameling tot een van die omvangrykste in die land nie, maar ook vir die kundige bewaring en gedetailleerde dokumentering van die voorwerpe. Die Ou Museum, die Krugerhuis en 'n museum in die Voortrekkermonument het besondere aandag gekry. Haar ideaal vir die afskeiding van die kultuurhistoriese afdeling van die Transvaalmuseum as selfstandige museum is verwesenlik toe die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in 1964 tot stand gekom het.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/22/1/EJC30715
2008-06-01
2017-11-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error