1887

n South African Journal of Cultural History - Healers, helpers and hospitals, J.C. (Kay) De Villliers : boekbespreking

USD

 

Abstract

Hierdie formidabele werk in twee dele is 'n bewys dat so-iets waarlik moontlik is. Dr. De Villiers is 'n deurwinterde neuro-chirurg met 'n intense belangstelling in die Historiese Geneeskunde. Hy het van 1965 in alle erns begin navorsing doen oor die mediese geskiedenis van die twee strydende partye tydens die Anglo-Boereoorlog. Onderhoude is gevoer met mense wat nog eerstehandse kennis gehad het, briewe en dagboeke is bestudeer, offisiële verslae van talle instansies soos die Rooi Kruis is onder oë geneem en deeglike navorsing is in buitelandse argiewe in byvoorbeeld Londen en Den Haag gedoen. Hy het daarin geslaag om die magdom data meesterlik te beheer en aan te bied. Daarvan getuig sy stelselmatige en logiese aanbieding van die materiaal in dié uitgebreide werk. Sy knap taalvaardigheid dra tot die hoë gehalte van die werk by. Soos 'n mens sou verwag, is die voetnote en bronnelys indrukwekkend en op sigself 'n skat vir toekomstige navorsers oor die Anglo-Boereoorlog. Die 64 bladsye met sepia-foto's wat nie vantevore gepubliseer is nie, vertel elkeen 'n unieke verhaal.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/23/2/EJC30748
2009-11-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error