1887

n South African Journal of Cultural History - Radelose rebellie? Dinamika van die 1914-1915 Afrikanerrebellie, Albert Grundlingh & Sandra Swart : boekbespreking

USD

 

Abstract

Kort nadat die Groot Oorlog (d.w.s. die Eerste Wêreldoorlog) in 1914 uitgebreek het, het genl. Louis Botha, eerste minister van die destydse Unie van Suid-Afrika, aangekondig dat die land aan die kant van Brittanje en die ander Geallieerdes oorlog teen Duitsland gaan verklaar en van plan was om Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibië) binne te val. Dít was oënskynlik die belangrikste rede waarom 'n totaal van 11 372 Afrikaners met verloop van tyd die wapen teen die wettige regering opgeneem het in wat weldra bekend sou staan as die Rebellie van 1914-1915. Die rebelle was hoofsaaklik afkomstig van die Vrystaat (7 123), maar onder hulle was ook Transvalers (2 998) en Kapenaars (1 251). Die Botha-regering het vinnig gereageer : nagenoeg 30 000 soldate is gemobiliseer en die Rebellie is betreklik gou onderdruk. Aan rebellekant is 190 gedood en ongeveer 300 gewond, terwyl 132 regeringsoldate gedood en 242 gewond is. Die meeste rebelle is gevang en talle is tronkstraf opgelê, insluitende genl. Christiaan de Wet. Die grootste "martelare" van die Rebellie was genl. Koos de la Rey (deur die polisie doodgeskiet), genl. Christiaan Beyers (verdrink) en kapt. Jopie Fourie (tereggestel).

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/24/1/EJC30766
2010-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error