1887

n South African Journal of Cultural History - Nakie Smith (1845-1947) - goewernante van die bekende en welaf Fichardt-familie van Bloemfontein

USD

 

Abstract

Marie Anne Smith was een van daardie merkwaardige vroue wat, hoewel sy 'n goewernante was, deur haar vriendelikheid, standvastigheid en blindelingse trou aan haar werkgewer 'n wonderlike positiewe invloed gehad het op die familie wat sy onbaatsugtig gedien het. Beter bekend as Nakie was sy vir bykans 70 jaar deel van die bekende en welgestelde Fichardt-familie van Bloemfontein nadat sy in 1880 deur Gustav Fichardt in Engeland as goewernante vir sy kinders gewerf is. Sy was vir die Fichardt-kinders soos 'n tweede ma en hulle sou haar tot haar dood koester. Daarbenewens het sy die familie se lief en leed gedeel en hulle deeglik onderskraag in al die ellende wat hulle soos tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) deurgemaak het. Hoewel Engelssprekend was sy net soos die Fichardts 'n groot voorstander van Afrikanerbelange en het sy sy aan sy met die bekende Emily Hobhouse na die vroue en kinders in die konsentrasiekampe omgesien. In die Fichardts se invloedryke kringe is sy vanweë haar welmenendheid en vriendelikheid deur almal met die hoogste respek aanvaar. Geen wonder nie - met haar dood is sy in die familiebegraafplaas op die plaas Brandkop begrawe.


Marie Anne Smith was one of those remarkable women who through her friendliness, constancy and blind loyalty to her employer had a wonderfully positive influence on the family which she so unselfishly served, although she was only a governess. Better-known as Nakie, she was part of the wealthy Fichardt family of Bloemfontein for almost 70 years, after Gustav Fichardt recruited her as governess for his children in 1880 in England. She was like a second mother to the Fichardt children and they would cherish her until her death. Additionally, she shared in the family's joys and sorrows and supported them solidly in all their afflictions, such as during the Anglo-Boer War (1899-1902). Although English-speaking, she was like the Fichardts, a great advocate of Afrikaner interests and, side by side with the well-known Emily Hobhouse, she cared for the women and children in the concentration camps. In the Fichardt's influential circles, as a result of her goodwill and friendliness, she was accepted with the greatest respect by everyone. It is not surprising that on her death she was buried in the family cemetery on the farm Brandkop.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/24/2/EJC30781
2010-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error