1887

n South African Journal of Cultural History - An investigation of a historical midden found at Bryntirion Estate, Pretoria

USD

 

Abstract

During construction work to erect a fence at the Presidential Estate in Bryntirion, Pretoria, an old midden was unearthed by the contractor Boleng cs, who needs to be commended for reporting the find, which lead to the collection of valuable historical information. It was investigated by means of historical and archaeological research in 2007.


The cultural artefacts found in the midden mostly date back to the late 19th and early 20th century. More recent artefacts were also found, but these seem to be from the recent use of the midden. It seems as if the midden was established during the Anglo-Boer War (1899-1902) and that it is probably linked to a refugee camp which was established on the site by the British in 1902. The families of Boers who supported the British were housed in this camp.
The information obtained assists in the reconstruction of one of the most important periods in the history of South Africa. The analysis of cultural material contributes to the understanding of the circumstances and way of life in this and similar camps during the war, especially since research on other, similar sites have as yet not been published.


Tydens konstruksiewerk aan 'n heining vir die presidensiële landgoed in Bryntirion, Pretoria, is 'n ou vullishoop ontdek. Die hoop is in 2007 aan historiese en argeologiese ondersoeke onderwerp. Die kontrakteur verdien vermelding vir die aanmeld van die vonds, waardeur waardevolle historiese inligting ingesamel kon word.
Die kultuurvoorwerpe afkomstig van die vullishoop dateer hoofsaaklik uit die laat 19de en vroeë 20ste eeu. Latere voorwerpe is ook gevind, maar dié is taamlik resent en hou waarskynlik verband met onlangse rommel wat op die terrein weggegooi is. Dit wil voorkom of die ashoop tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ontstaan het en dit hou waarskynlik verband met 'n vlugtelingekamp wat in 1902 hier deur die Britte opgerig is. Die gesinne van Boere wat hulle by die Engelse geskaar het, is in die kamp gehuisves.
Die inligting wat deur die ondersoek aan die lig gekom het, lewer 'n bydrae tot die rekonstruksie van een van die belangrikste tydperke in die geskiedenis van Suid-Afrika. Die ontleding van kultuurvoorwerpe afkomstig van die area dra tot die begrip van die omstandighede en lewenswyse in hierdie en soortgelyke kampe tydens die oorlog by, veral aangesien soortgelyke navorsing op ander terreine nog nie gepubliseer is nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/25/1/EJC30791
2011-06-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error