1887

n South African Journal of Cultural History - Taal- en kulturele wisselwerking tussen Vlaandere en Suid-Afrika tydens die apartheidsjare : 'n oorsig

USD

 

Abstract

Tydens die apartheidsjare het 'n lewendige kulturele wisselwerking tussen Suid-Afrika en Vlaandere, die noordelike, Nederlandstalige deelstaat van België, plaasgevind. Die taalverwantskap tussen die Afrikaners en Vlaminge het 'n sentrale rol in hierdie tydperk gespeel. Wedersydse taal- en kultuurbande was van deurslaggewende belang. Vlaandere het nog altyd vanweë sy geskiedenis van taalstryd teen Franse oorheersing 'n groot begrip getoon vir die strewe van die Afrikaner om sy eie identiteit te bewaar en uit te bou. Die Vlaminge het dus tradisioneel meer simpatiek teenoor Afrikaans en die Afrikaner gestaan. In dié artikel word 'n aantal aspekte van die taal- en kulturele wisselwerking ontleed. Onder meer word op die Afrikaanse letterkunde, letterkundige en kulturele tydskrifte, die Kultuurverdrag, Afrikaanse liedere en sang en Afrikaanse voordrag en toneel gefokus.


During the apartheid era there was a lively cultural interaction between Flanders, the northern Dutch-speaking regional state of Belgium, and South Africa. The kinship between the Afrikaners and the Flemish people played a central role in this period. Mutual language and cultural ties were of primary importance. Because of their own language struggle against French domination, Flanders had a better understanding of the striving of the Afrikaner to maintain his own identity. Traditionally the people in Flanders have thus been more sympathetic towards the Afrikaans language and the Afrikaner. In this article a few aspects of the language and cultural interaction will be analysed. It will inter alia focus on the Afrikaans literature, literary and cultural journals, the Cultural Accord, Afrikaans song and Afrikaans elocution and theatre.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/25/1/EJC30793
2011-06-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error