1887

n South African Journal of Cultural History - Die VOC-skip Schoonenberg : waarheid en verdigsel
Deel II : strandroof na stranding in 1722?

USD

 

Abstract


Part II: Beach-combing after shipwreck of 1722?
The VOC ship Schoonenberg ran aground near Cape Agulhas on 20 November 1722. By embellishing historic rumours that valuables from the wreck had been taken to Vergelegen, where it disappeared, and by using names mentioned in the records, a tale of conspiracy, a deliberate shipwreck, buried treasure, murder and cruel justice was devised and first published by Eric Rosenthal in 1951. The story is still being repeated, often as historic truth. Copious archival material reveals the radically different true Schoonenberg story. A previous paper described the stranding of the vessel and the subsequent investigation by the fiscal into the causes of the disaster. The Council of Justice found the skipper and his officers guilty of negligence, but none were jailed. All eventually returned to the Netherlands. This paper deals with events following the disaster. The Governor and Political Council considered all possible means of salvaging the cargo, and sent provisions and three missions to the site of the wreck, the last to burn the wreckage. On order by the Here XVII, the new fiscal in early 1726 investigated allegations of beach-combing against skipper Van Soest, in vain. Affidavids were obtained alleging that goods from the wreck had been offloaded at Vergelegen, but no material evidence substantiated this. Van der Heijde, owner of the farm, professed complete ignorance. There is no evidence of anybody being charged for beach-combing. In 1985 cannon, anchors, buckles and glass were found near Struisbaai harbour. These could be linked to the time of the stranding of the Schoonenberg.

Die VOC-skip Schoonenberg het op 20 November 1722 naby Kaap Agulhas gestrand. Deur voort te borduur op historiese gerugte dat waardevolle artikels van die wrak na Vergelegen geneem is, waar dit verdwyn het, en deur name wat in dokumente genoem is, te gebruik, is 'n verhaal van sameswering, 'n doelbewuste stranding, 'n versteekte skat, moord en wrede straf bedink en die eerste keer in 1951 deur Eric Rosenthal gepubliseer. Hierdie storie word steeds herhaal, dikwels as histories juis. Oorvloedige materiaal uit die argief vertel 'n radikaal ander ware Schoonenberg-verhaal. 'n Vorige artikel het die stranding en daaropvolgende ondersoek deur die fiskaal na die oorsake van die ramp beskryf. Die Raad van Justisie het die skipper en sy offisiere aan nalatigheid skuldig bevind, maar niemand is tronkstraf opgelê nie en almal is uiteindelik terug na Nederland. Hierdie artikel beskryf gebeure ná die stranding. Alle bergingsmoontlikhede is deur die Goewerneur en Politieke Raad oorweeg, en voorrade en drie sendings is na die wrak gestuur, die laaste om dit te gaan verbrand. Op bevel van die Here XVII het die nuwe fiskaal vroeg in 1726 tevergeefs bewerings van strandroof teen skipper Van Soest ondersoek. Beëdigde verklarings is verkry dat goed afkomstig van die skip op Vergelegen afgelaai is, maar sonder bevestigende bewysstukke. Van der Heijde, eienaar van Vergelegen, het van niks geweet nie. Daar is geen getuienis dat enigiemand van strandroof aangekla is nie. In 1985 is kanonne, ankers, glasstukke en gespes wat met die tyd van die Schoonenberg verbind kon word, naby die hawe van Struisbaai gevind.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/27/2/EJC148092
2013-11-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error