1887

n South African Journal of Cultural History - The Afrikaner cattle breed as a foundational symbol in Afrikaner culture : the legacy of Rooi Joseph du Plessis

USD

 

Abstract


Die Afrikanerbees is 'n inheemse beesras wat al bestaan het voor die koms van die eerste Europeërs aan die Kaap saam met Jan van Riebeeck. Die Afrikanerbees het mettertyd 'n geïntegreerde deel van die boeregemeenskap in die voormalige Kaapkolonie geword. Gedurende die Groot Trek van 1836-1854 het die Afrikanerbees as trekos 'n deurslaggewende rol gespeel om die migrasie na die binneland moontlik te maak. Ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is gepoog om die Afrikanerbees as beesras te suiwer en te standaardiseer. Die persoon wat 'n groot rol in dié proses van standaardisasie en suiwering van die Afrikanerbeesras gespeel het, was Rooi Joseph du Plessis, 'n beesboer van Rietfontein in die Vrystaat. Rooi Joseph, met sy grondige inheemse kennis en aanvoeling, het 'n vername rol gespeel om die Afrikanerbees as 'n suiwer beesras te vestig. In dié artikel word die ontwikkeling van die Afrikanerbees as selfstandige ras uiteengesit, maar daar word ook 'n belangrike verband tussen die sentrale posisie van die Afrikanerbees en die daaglikse lewe van die Afrikaner blootgelê; daar word aangedui hoe die Afrikanerbees as ras 'n integrerende simbool binne die kultuurmilieu van die Afrikaner geword het. In dié opsig het die Afrikanerbees 'n rol gespeel in die vestiging van 'n eiesoortige Afrikanerkultuur en Afrikaneridentiteit.

The Afrikaner cattle breed is an indigenous cattle breed which had existed when the first Europeans under Jan van Riebeeck settled at the Cape. Over time Afrikaner cattle became an integral part of the farming community. The Great Trek of 1836-1854 would have been impossible if it was not for the role played by the draught oxen which made the migration into the interior possible. After the Anglo-Boer War (1899-1902) there was a need for the standardisation and purification of the Afrikaner breed. The person who played a major role in the process was "Rooi" Joseph du Plessis, the cattle farmer from Rietfontein in the Free State. "Rooi" Joseph's indigenous knowledge and intuition played a crucial role in the establishment of Afrikaner cattle as a purified breed. In the article the development and purification process of Afrikaner cattle is outlined but at the same time a relation is drawn between its development and its central position within everyday life of the Afrikaner. In this regard Afrikaner cattle as an integral symbol played a role in the formation of a distinctive Afrikaner identity and culture.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/27/2/EJC148093
2013-11-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error