1887

n South African Journal of Cultural History - 'Thaba RAU, die bergspits-RAU is bereik' : Dr P.J. Meyer se aandeel in die stigting van RAU, 1955-1968

USD

 

Abstract

Hierdie artikel fokus op die redes waarom dr. P.J. Meyer deur harde werk en deursettingsvermoë en aangevuur deur 'n missie, 'n leidende rol gespeel het in die stigting van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU). Meyer se gedetermineerdheid, liefde vir die Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur en sy begrip vir die posisie van die Afrikaner het hom in 'n gunstige posisie geplaas om al die struikelblokke wat in die pad van die stigting van die universiteit gestaan het, te oorkom. RAU is nie gestig hoofsaaklik a.g.v. die groeiende getalle Afrikaners aan die Rand nie; nog minder om as teenvoeter te dien vir die liberale invloede van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Uit die navorsing is dit duidelik dat RAU hoofsaaklik gestig is om die Afrikaner te herposisioneer en te ondersteun, sodat hy sy plek kon inneem in die ekonomiese hartland van Suid-Afrika. Die Afrikaner moes onderrig en ontwikkel word en in hierdie opsig het Meyer met sy agtergrond 'n leidende rol gespeel. Die Randse Afrikaanse Universiteits Komitee (R.A.U.K.) met Meyer as die voorsitter het gewerk vir die stigting van die Afrikaanse universiteit om die jong Afrikaner in staat te stel om 'n goeie tersiêre onderwys te ontvang. Die belangrikheid van onderwys in die Afrikaanse taal binne die raamwerk van die Christelike Nasionale omgewing het die hooftema geword in die stigting van RAU. Die stigting van RAU was vir Meyer en die Afrikaner 'n droom wat bewaarheid geword het.


This article focuses on the reasons why Dr P.J. Meyer persisted through hard work, dedication and a driven mission to play a leading role in the establishment of the Rand Afrikaans University (RAU). Meyer's, determination, love for the Afrikaans language and Afrikaner culture and understanding of the position of the Afrikaner placed him in a favourable position to remove all the obstacles in the way of the establishment of RAU. RAU was not primarily established because of the population growth of the Afrikaner on the Witwatersrand or as a university to stand against the liberal influences of the University of the Witwatersrand (Wits). From the research done it is clear that RAU was mainly established to re-position the Afrikaner and to support him to make himself known in the economic heartland of South Africa. The Afrikaner had to be educated and developed and it was for this reason that Meyer with his background and involvement played a leading role in the establishment of RAU. The Rand Afrikaans University Committee (R.A.U.C.) with Meyer as Chairman worked for the establishment of this Afrikaans university to assist the young Afrikaner in receiving a good tertiary education. The importance of education in the Afrikaans language within the context of the Christian and the National environment became the main theme in the establishment of RAU. The establishment of RAU was a dream coming true for Meyer and the Afrikaner.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/28/1/EJC156809
2014-06-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error