1887

n South African Journal of Cultural History - Kinders en hulle speelgoed : 'n histories-argeologiese studie van Welkomskraal, 'n pioniersplaas in die distrik Venterstad

USD

 

Abstract

Die plaas Welkomskraal in die distrik Venterstad, Noordoos-Kaap, is vir ongeveer 50 jaar tussen die 1880's en 1930's bewoon. Gedurende hierdie tydperk het die plaas 'n paar keer van eienaar verwissel en verskeie families met hulle kinders het daar gewoon. Die oorblyfsels van drie verskillende bewoningsareas word op die terrein aangetref. Tydens veldwerk is die oorblyfsels van speelgoed en beeldjies by twee van die bewonings-gebiede gevind. Hierdie speelgoed is kenmerkend van die laat 19de en vroeë 20ste eeu en gee dus 'n aanduiding van die tipe speelgoed wat op argeologiese terreine uit hierdie tydperk verwag kan word. Verskeie van die speelgoed-items is ook kenmerkend van die tweede industryële rewolusie (ca. 1870-1914), toe massavervaardiging van produkte die hoogte ingeskiet het. Dit het daartoe gelei dat goedkoop produkte wêreldwyd beskikbaar was, selfs vir diegene wat in afgeleë gebiede gewoon het, soos op Welkomskraal. Hulle kon ook nie juis duur items en luukshede bekostig nie. Die identifiseerbare speelgoed wat op die plaas aangetref is, is 'n aanduiding van die plaasbewoners se finansiële posisie. Kleialbasters, beskuitporseleinpoppe en die is voorbeelde van speelgoed uit hierdie tydperk.


The farm Welkomskraal was occupied for about 50 years from the 1880s to the 1930s. The farm had several owners during this period and various families and their children lived there. Welkomskraal contains the ruins of three separate homesteads. During field-work the remains of toys and figurines were found at two of the homesteads. These toys are indicative of the types of toys that one is likely to encounter at archaeological sites dating to the late 19th and early 20th centuries. This include several items associated with the second industrial revolution (ca. 1870-1914) which exemplify a period of mass production and consumption, when cheap, affordable goods were available worldwide, even to people living in remote areas, such as the occupants of Welkomskraal. The inhabitants faced impoverished circumstances and could not afford expensive items or luxuries. The toys identified correspond with the economical circumstances of the inhabitants, meaning that, according to the archaeological record, they only bought cheap affordable toys. Toys such as clay marbles, bisque porcelain dolls and Frozen Charlottes are examples from this period.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/28/1/EJC156811
2014-06-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error