1887

n South African Journal of Cultural History - Bepaling van die korrekte posisie van die kombuis by Fort Klapperkop, Pretoria

USD

 

Abstract

Met die restourasie of rekonstruksie van historiese geboue kan 'n verskeidenheid metodes en tegnieke gebruik word om die eindproduk so histories korrek moontlik te kry. Dit was ook die geval met die restourasie van Fort Klapperkop, wat aan die begin van die nuwe millennium gedoen is. 'n Spesifieke probleem wat ondervind is, was om die korrekte benaminge aan die onderskeie vertrekke van die fort toe te ken. Hoewel die name bokant die deure geverf was, is dit nie noodwendig as korrek aanvaar nie. Die blootlegging van 'n reghoekige gat in die agterste muur van die vertrek, wat tot in hierdie stadium as die telegraafkamer bekend gestaan het, het saam met ander leidrade die vraag laat ontstaan of dit inderdaad die funksie van die betrokke vertrek was. Die hipotese was dat dit die kombuis behoort te wees en dat die gat gebruik is vir die skoorsteenpyp. Verskeie metodes, naamlik die analogie met die ander drie forte van Pretoria, die benutting van historiese foto's en die nagaan van leidrade wat deur die fort self verskaf is, is gebruik om te bepaal of die benaminge wel korrek is. Laasgenoemde was deurslaggewend in die bepaling van die posisie van die kombuis. Met dít in gedagte, is die ondersoek aangepak. Einde ten laaste is 'n monster van die materiaal wat aan die kant van die gat gevind is, aan 'n mikro-elementanalise met 'n elektronmikroskoop onderwerp. Twee addisionele monsters is geneem en getoets om as kontrole te dien. Die resultaat hiervan, gekombineer met die ander metodes, dien as onteenseglike bewys dat die vertrek oorspronklik as 'n kombuis gebruik is.


During the restoration or reconstruction of historical buildings there is a variety of methods and techniques which can be used to obtain a final product which is as historically correct as possible. This was also the case with Fort Klapperkop, which was restored at the beginning of the new millennium. A specific problem which was encountered was the correct naming of the different rooms of the fort. Although these names were painted above each door, this was not necessarily taken as being correct. The reason for this was the discovery of a rectangular hole, in the back of the room marked as the "Telegraph" room, which posed the question whether this was indeed the function of that room. Together with other structural clues, the hypothesis was that it should be the kitchen and the hole was used for the placement of the chimney pipe of the coal stove. Different methods were used in determining whether these rooms were named correctly. These consisted of the analogy with the other three forts of Pretoria, using historical photographs and looking at clues found in the fort itself. The last mentioned were deemed the most important and specifically contributed in determining the position of the kitchen. With this in mind the investigation was undertaken. In the end a sample of the material found on the side of the hole was taken for a micro element analysis with an electron microscope. Two other samples were also taken and tested in order to serve as control measures. The results of the tests combined with the other findings served as conclusive proof that this particular room was the original kitchen.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/28/2/EJC168473
2014-11-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error