1887

n South African Journal of Cultural History - Eetgewoontes van Bloemfontein se inwoners tydens die laat negentiende eeu

USD

 

Abstract

In hierdie artikel word die eetgewoontes bespreek van Bloemfontein se inwoners tydens die laat negentiende eeu. Bloemfontein het sedert sy stigting as militêre nedersetting in 1846 ontwikkel tot die welvarende hoofstad van die "modelrepubliek" van die Oranje-Vrystaat in die 1890's. Die kosmopolitiese samestelling van Bloemfontein se inwoners tydens die 1890's word weerspieël in sy inwoners se eetgewoontes. In die artikel word hulle voedsel en drank, asook die sosiale aspekte daarvan ontleed en ondersoek ingestel na die verskille en ooreenkomste tussen die verskillende kultuurgroepe se eetgewoontes. Aangesien gesinne groot was, is voedsel in groot hoeveelhede voorberei, terwyl onverwagse gaste gewoonlik genooi is om saam te eet. Sondagmiddagetes was groot en swaar, met tot sewe verskillende disse. Baie blanke inwoners het hulle eie vrugte- en groentetuine gehad, asook pluimvee en selfs 'n koei of twee in hulle agterplase, maar vrugte, groente, eiers, vis en alle soorte vleis en vleisprodukte kon by die daaglikse môremark of handelaars en slaghuise gekoop word. Voedsel, koekies, lekkers, koeldrank en alkoholiese drank is ook van die ander Suid-Afrikaanse state en kolonies ingevoer, asook van Europa en Rusland af. Selfs eksotiese kossoorte, soos vars pikkewyneiers, salm, kreef, kaviaar en oesters was in Bloemfontein beskikbaar, veral nadat die eerste spoorlyn Bloemfontein vanaf Kaapstad in 1890 bereik het. Die stapelvoedsel van die swart inwoners was brood, mieliepap, gebakte of gebraaide insekte, tradisionele bier, koffie en suiker. Wanneer hulle dit kon bekostig, is hulle dieet met vleis, melk, groente, stampmielies, konfyt en blikkieskos aangevul.


In this article the culinary practices of the citizens of Bloemfontein during the late nineteenth century are discussed. Since its founding as a military settlement in 1846, Bloemfontein developed into the prosperous capital of the "model republic" of the Orange Free State in the 1890s. The cosmopolitan character of its citizens is reflected in the eating habits of Bloemfontein's residents. In this article the food and drink and social aspects thereof are analyzed and differences and similarities with regard to culinary practices of the various cultural groups are investigated. Due to large families, food was prepared in large quantities, so unexpected visitors were always welcomed at the table. Sunday lunches were scrumptious with up to seven different dishes. Although many white residents had their own fruit and vegetable gardens, poultry and even cows in their backyard, fruit and vegetables, fish as well as all sorts of meat and meat products were available at the daily morning market or at general dealers and butcheries. Food, sweets, biscuits, soft drinks and liquor were imported from other South African states and colonies, as well as the European countries and Russia. Even exotic foods such as fresh penguin eggs, salmon, crayfish, caviar and oysters were available in Bloemfontein, especially after the railway line reached Bloemfontein from Cape Town in 1890. The staple food of the black inhabitants of Bloemfontein was bread, maize meal porridge, fried or cooked insects, traditional beer, coffee and sugar; and when they could afford it, a little meat, milk, vegetables, samp, jam and tinned food.

Loading

Article metrics loading...

/content/culture/28/2/EJC168479
2014-11-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error