1887

oa De Jure - 2010 1 SA 579 (ECG) : onlangse regspraak

 

Abstract

Munisipaliteite (wat hulleself deesdae dikwels stadsrade noem) speel 'n belangrike rol in die lewens van die burgery. Jy kan nie 'n dak oor jou kop bou sonder dat die stadsraad die huisplanne goed gekeur het nie. Wanneer jy die dag die huis verkoop en oordrag wil gee, moet jy by die munisipale kantore 'n draai gaan maak om 'n klaringsertifikaat te bekom wat sertifiseer dat jou rekeninge op datum is. Wanneer 'n mens 'n geliefde ter ruste moet lê, is jou hoop gevestig op die plaaslike regering om 'n stukkie grond te verskaf. Hondeliefhebbers is afhanklik van die stadsvaders se besluite om oop areas vir parke beskikbaar te stel en in 'n wandelbare toestand te onderhou. Toegewyde onderdane sal mettertyd nie werk toe kan ry - selfs met 'n perd - indien sekere plaaslike owerhede in verskeie dele van die land nie spoedig begin om die slaggate in die paaie te herstel nie. Dit is net 'n handjievol stedelinge wat uit 'n boorgat lewe, sonder elektrisiteit klaarkom en self hulle afval iewers by 'n stortingsterrein besorg. Die res maak staat op die munisipaliteit om hierdie dienste te verskaf.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/44/1/EJC135352
2011-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error