- Home
- A-Z Publications
- De Jure
- Previous Issues
- Volume 44, Issue 2, 2011
De Jure - Volume 44, Issue 2, January 2011
Volume 44, Issue 2, January 2011
-
Editorial
Author Clare-Alice SmithSource: De Jure 44 (2011)More LessThe De Jure editorial board has the pleasure of presenting the second volume of 2011. This volume joins the first on the journal's open access website which is set to be a true asset to legal research. With its effective search function and well organised layout, the website embodies the essence of the open access environment. This essence is exquisitely described by Jason B Jones who states that "because ideas complete, rather than compete with, one another, creativity and innovation ferment most noticeably when ideas are allowed to circulate openly and freely."
-
Contemporary challenges to international human rights law and the role of human rights education
Author Frans ViljoenSource: De Jure 44, pp 207 –231 (2011)More LessHedendaagse uitdagings vir internasionale menseregte en die rol van menseregte-opleiding
In hierdie bydrae word vier hedendaagse uitdagings aan international menseregte onder die loep geneem. Hierdie uitdagings is: (1) Die internasionale menseregte-sisteem is oormatig ingewikkeld en gefragmenteerd, dog steeds onvolledig in die substantiewe beskerming wat dit bied. (2) Internasionale menseregte het nie voldoen aan die beloftes wat dit voorgehou het nie. (3) Die staats-gesentreerde aard van menseregte gee aanleiding daartoe dat state die paradoksale posisie inneem as beide menseregte-beskermer en menseregte-skender. (4) Internasionale menseregte het nie voldoende aandag geskenk aan die behoeftes van die mees behoeftige lede van samelewings nie. Hierdie artikel maak die argument uit dat elkeen van hierdie uitdagings beter verstaan en benader kan word indien 'n multidissiplinêre, eerder as 'n streng judisiële of regsgebaseerde benadering gevolg word. Die inhoud van menseregte-opleiding moet dus krities heroorweeg word, en toelatingsvereistes vir menseregte-programme behoort aangepas te word om so 'n multidissiplinêre benadering te vergestalt.
-
Bespoke justice? On financial ombudsmen, rules and principles
Author Daleen MillardSource: De Jure 44, pp 232 –258 (2011)More LessGeregtigheid na maat? Oor finansiële ombudsmanne, reëls en beginsels
Alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures bestaan om diegene by te staan wat nie hulle regte in die howe kan of wil afdwing nie. Die spesifieke voordeel van ombudsmanne is dat hulle prosesse toeganklik, goedkoop, informeel en vinnig is. Hierdie artikel neem twee skemas onder die loep, naamlik die FAIS ombud in Suid Afrika en die Financial Ombudsman Service (FOS) in Engeland. Daar word gekyk na die wyse waarop die twee instansies reëls sowel as beginsels toepas, wat die jurisdiksie en prosedure van elk behels en hoe daar te werk gegaan word om geskille op te los. Die belangrikste verskil tussen die twee organisasies is dat die FAIS ombud se beslissings in elke wesenlike opsig dieselfde uitwerking as hofbeslissings het en dat dit volledig gerapporteer word, terwyl beslissings deur die FOS nie ten volle gerapporteer word nie en ook nie presedente daarstel nie. Die FOS streef uiteraard daarna om geregtigheid te laat geskied tussen individuele partye, weliswaar binne die bestaande regsraamwerk, maar met die veronderstelling dat billikheid die belangrikste oorweging moet wees. Hierdie werkswyse kan geregverdig word omdat individuele oplossings nie op ander sake van toepassing gemaak word nie. Die FOS of 'n verweerder word deur wetgewing gemagtig om sake na 'n hof te verwys waar daar sprake is van 'n belangrike of nuwe regsvraag. Die beslissing in so 'n saak stel dan 'n presedent daar. Die Suid-Afrikaanse FAIS ombud bereg ook sake binne die bestaande regsraamwerk en moet soos die FOS seker maak dat alle beslissings billik is. Die gevaar is egter dat die FAIS ombud nie verplig is om sake na 'n hooggeregshof te verwys nie, met die gevolg dat 'n beslissing wat in der waarheid oorwegend billik is vir die spesifieke partye tot die geding, presedentele waarde het. Hierdie tekortkoming in die FAIS Wet gee aanleiding daartoe dat die FAIS ombud soos 'n tweede reguleerder word en die gevaar is dat verkeerde interpretasies van die wetgewing tot onbillike resultate vir ander partye tot 'n dispuut kan lei. Hierdie aspek behoort deur die wetgewer aangespreek te word.
-
The legal validity of an advance refusal of medical treatment in South African law (Part 2)
Author Louise JordaanSource: De Jure 44, pp 259 –272 (2011)More LessDie regsgeldigheid van 'n gebeurlikheidsweiering van mediese behandeling in die Suid-Afrikaanse reg (Deel 2)
Mediese gebeurlikheidsaanwysings stel persone in staat om mediese behandeling in die toekoms, wanneer hulle nie meer in staat is om wilsbesluite te neem nie, te weier. 'n Mediese gebeurlikheidsaanwysing is 'n lewende testament waarin die outeur weier om mediese behandeling in bepaalde omstandighede in die toekoms te ondergaan. Dit kan ook bestaan uit 'n volmag waarin die outeur 'n ander persoon aanstel om namens hom of haar in die toekoms mediese behandeling te weier. In Suid-Afrika is die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van sodanige gebeurlikheidsaanwysing onseker. In die eerste gedeelte van hierdie bydrae wat in 2011 De Jure 32 verskyn het, is die regsposisie soos dit tans in Suid-Afrika daar uitsien, bespreek. Die etiese norme wat in die mediese beroep geld is oorweeg en met die huidige regsposisie vergelyk. Voorts is die relevante grondwetlike waardes wat in ons samelewing geld, kontekstueel ontleed en teen bepaalde belange van die gemeenskap opgeweeg. Hierdie ontleding en belangeafweging het tot die gevolgtrekking gelei dat mediese gebeurlikheidsaanwysings in beginsel as regtens afdwingbare wilsbesluite erken behoort te word.
In die tweede gedeelte van hierdie bydrae word aandag geskenk aan die etiese oorwegings wat 'n rol behoort te speel by beantwoording van die vraag of 'n mediese gebeurlikheidsaanwysing in bepaalde omstandighede as regtens afdwingbaar beskou behoort te word. Die ontwikkelinge in buitelandse regstelsels word dan oorweeg en empiriese navorsing wat aldaar onderneem is om die doeltreffendheid van gebeurlikheidsaanwysings in die praktyk te evalueer, word krities ontleed. Die slotsom wat bereik word, is dat die Suid-Afrikaanse parlement oorweging moet skenk aan die destydse voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regskommissie in hierdie verband en dat statutêre erkenning aan die regsgeldigheid van mediese gebeurlikheidsaanwysings verleen moet word. Die ondervinding in buitelandse regstelsels dui egter daarop dat blote statutêre erkenning van die regsgeldigheid van gebeurlikheidsaanwysings nie enige noemenswaardige verandering in die praktyk teweeg bring nie. 'n Verandering in opvattings word slegs teweeggebring deur behoorlike opvoeding en die instelling van opleidingsprogramme en ondersteuningstelsels in gesondheid-sorginstellings soos klinieke en hospitale. Daar dus word aan die hand gedoen dat 'n holistiese benadering gevolg moet word, wat beteken dat die staat self betrokke moet raak by die implementering van doeltreffende strategieë om sodoende groter bewuswording van die reg op selfbeskikking van pasiënte by gesondheidsorg-werkers sowel as die breë publiek te bewerkstellig.
-
Forget me not : thoughts on the crossroads between law and medicine in assessing claims of amnesia
Author Philip StevensSource: De Jure 44, pp 273 –289 (2011)More LessVergeet-my-nie : gedagtes oor die wisselwerking tussen die reg en die mediese wetenskappe by die beoordeling van geheueverlies
Geestesdeskundiges word op 'n gereelde basis gebruik om strafbare optrede te rekonstrueer. Een van die groot struikelblokke wat geestesdeskundiges in die gesig staar tydens die assesseringsfase hou verband met die geval waar die beskuldigde beweer dat hy of sy aan geheueverlies ly, hetsy van 'n tydelike- of permanente aard. Die bewering van amnesie, oftewel geheueverlies, lewer 'n uitdaging vir sowel die forensiese geestesdeskundige wat strewe daarna om sover moontlik aan juridiese standaarde te voldoen ten aansien van die lewering van 'n opinie, as vir regsgeleerdes wat hul sake tot die beste van hulle vermoë moet voordra. Een van die struikelblokke tydens die assessering van amnesie hou verband met die beoordeling van die waarheid of egtheid daarvan en dus om ware amnesie te onderskei van gesimuleerde amnesie. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig rakende die aard van amnesie, die belangrikste oorsake daarvan asook die juridiese benadering tot amnesia, geskets teen die agtergrond van die wisselwerking tussen die reg en die mediese wetenskappe by die beoodeling van amnesie.
-
Some thoughts on state regulation of South African insolvency law
Author Juanitta CalitzSource: De Jure 44, pp 290 –318 (2011)More LessEnkele gedagtes oor staatsregulering van die Suid Afrikaanse insolvensiereg
Die grondslag van konstitusionalisme is dat die mag van die staat omskryf en ingeperk moet word om die belange van die gemeenskap te beskerm en daarom moet die doel van enige staatsregulering in Suid-Afrika wees om die onderliggende waardes van die Grondwet te ondersteun en te beskerm. Die belang van 'n moderne insolvensieregstelsel as belangrike hoeksteen van volhoubare ekonomiese ontwikkeling is ook wyd erken en deur internasionale instellings soos die Wêreldbank gedokumenteer. Terwyl die fokus van die regshervormingsproses van die insolvensiereg dus moet wees om die belange van die gemeenskap te beskerm sal dit onrealisties wees om die breëre internasionale konteks te ignoreer.
Die artikel bespreek die geskiedenis, rol en funksie van die Meester van die Hooggeregshof en lig sekere probleme ten opsigte van die Meester se toesighoudende funksie oor die insolvensiereg uit. Die aanbeveling word gemaak dat ten einde aan die internasionale standaarde te voldoen asook die vertroue van die plaaslike gemeenskap te herwin, is dit nodig om 'n onafhanklike reguleerder as deel van 'n reguleringsraamwerk in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg in te stel. Na aanleiding van die grondwetlike aspekte van die reguleringsfunksie asook die internasionale maatstawwe wat geïdentifiseer word, word daar dus aanbeveel dat die Suid Afrikaanse regs- en beleidmakers terugkeer na die regshervormingsproses en opnuut die konsep van staatregulering in die insolvensiereg oorweeg.
-
The deductibility of value added tax on costs incurred to raise share capital : a critical analysis of the ITC 1744 case
Authors: Pieter Van der Zwan and Madeleine StiglinghSource: De Jure 44, pp 319 –338 (2011)More LessDie aftrekbaarheid van belasting op toegevoegde waarde op kostes aangegaan om aandele uit te reik : 'n kritiese ontleding van die ITC 1744-saak
Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die ITC 1744-saak. Die uitspraak in die ITC 1744-saak is gebaseer op die mening uitgespreek in 'n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die European Court of Justice (ECJ) in 'n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat 'n aandeeluitreiking nie 'n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as 'n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien.
-
For a few dollars more : overcharging and misconduct in the legal profession of the Zuid-Afrikaansche Republiek
Author Liezl WildenboerSource: De Jure 44, pp 339 –363 (2011)More LessVir 'n paar doller meer : oorvordering en wangedrag in die regsberoep van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Die regslui van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) is al beskuldig daarvan dat hulle gewetenloos en ondergekwalifiseerd was en ook buitensporige fooie gevra het van hul kliënte. Hierdie artikel ondersoek sekere van hierdie aantygings. Eerstens word daar gekyk na die regulasie van die kwalifikasie en toelatingsvereistes van lede van die regsprofessie, asook na verwante aangeleenthede soos die "dual practice" tradisie en die impak van die eksamenraad. Tweedens word die regulasie van regskostes bekyk. Derdens word enkele gevalle van wangedrag in die regsprofessie van die ZAR kortliks bespreek. Ten slotte maak die outeur sekere gevolgtrekkings en lewer kommentaar oor sekere aspekte.
-
Orality in African customary - and Roman law of contract : a comparative perspective
Author Gardiol J. Van NiekerkSource: De Jure 44, pp 364 –380 (2011)More LessOraliteit in Afrika gewoonteregtelike- en romeinse kontraktereg : 'n vergelykende beskouing
Suksesvolle hervorming van Afrika gewoontereg hang saam met 'n begrip van die historiese antesedente van die regstelsel. Antieke Romeinse reg met haar uiterste formalisme, rituele en simboliek bly 'n belangrike vertrekpunt om antieke gewoontereg te belig wat preliterêr van aard was. Die bestaande persepsie is dat Afrika gewoontreg, na analogie van die Romeinse reg, slegs reële kontrakte ken en dat aanspreeklikheid slegs volg op gedeeltelik of volle nakoming van verpligtinge van 'n party. Die geldigheid van herdie aanname asook bestaande interpretasies van ander geselekteerde aspekte van die kontrak in die Afrika gewoontereg word getoets by wyse van vergelyking met die stipulatio van die antieke Romeinse reg. Die analise geskied teen die agtergrond van oraliteit en die fokus is op die verhouding tussen woorde, bedoeling en kontraktuele aanspreeklikheid, konkretisering van verbale kommunikasie en seremonie en die rol van fides.
-
The right to development in the African human rights system : the Endorois case
Author Serges Alain Djoyou KamgaSource: De Jure 44, pp 381 –391 (2011)More LessDie reg op ontwikkeling in die Afrika-menseregtestelsel : die Endorois-saak
Die doel van hierdie artikel is om die impak van die uitspraak in Centre for Minority Rights Development (namens Endorois) v Kenya (Endorois uitspraak) oor die verwesenliking van die reg to ontiwikkeling in Afrika se menseregte sisteem te ondersoek. Na 'n oorsig van die reg tot ontwikkeling, wat uit eie gekarakteriseer is deur omstredenheid, gaan die artikel voort om te wys hoe die Endorois uitspraak wegbeweeg van die uitspraak in die Social and Economic Rights Center and the Center for Economic and Social Rights v Nigeria (SERAC uitspraak), Democratic Republic of the Congo v Burundi, Rwanda, and Uganda (DRC uitspraak) en Kevin Mgwanga Gumne et al v Cameroon (Gumne uitspraak). Die Endorois uitspraak omksryf die konsep van "peoples"; maak duidelik wie die begunstigdes van die reg tot ontwikkeling is en beklemtoon die rol van die staat as die primêre pligdraer. Dit verduidelik ook die inhoud van die reg tot ontwikkeling wat veelsydig is omdat dit bestaan uit elemente van nie-diskriminasie, deelname, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid, regverdigheid en keuses asook vermoëns. Verder, verduidelik dit die drempel van mense se deelname benodig in die ontwikkelingspogings en beklemtoon die onmiddellike totstandkoming van menseregte soos omskryf in die African Charter on Human and Peoples Rights. Die Endorois uitspraak gee leiding oor hoe om die beregbaarheid van die reg tot ontwikkeling te verseker. Voor die Endorois uitspraak, is al hierdie eienskappe van die reg tot ontwikkeling nooit opgeklaar deur die Afrika-Kommissie in die SERAC, DRC en Gumne gevalle nie.
-
The money or the box : perspectives on reckless credit in terms of the National Credit Act 34 of 2005
Authors: C.M. Van Heerden and A. BoraineSource: De Jure 44, pp 392 –415 (2011)More LessDie geld of die boks : perspektiewe op roekelose krediet ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005
Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (hierna die NKW) lei die konsep van roekelose krediet vir die eerste keer In Suid-Afrikaanse kredietwetgewing in. Die NKW poog om roekelose kredietverlening te voorkom deur voorooreenkoms-assessering ingevolge artikel 81 daarvan verpligtend te maak en maak verder voorsiening vir verskeie remedies ten opsigte van roekelose krediet. Daar word aan die howe verskeie magte verleen afhangende van die soort roekelose krediet wat toegestaan is. Aansienlike onduidelikheid bestaan egter oor die basis waarop die magte van die hof om te beveel dat 'n totale of gedeeltelike tersydestelling van die regte en verpligtinge van die verbruiker, aan wie roekelose krediet soos beoog in artikel 80(1)(a) en 80(1)(b)(ii) toegestaan is, uitgeoefen moet word. Dit is voorts ook nie duidelik op watter basis 'n hof ten aansien van voormelde soorte roekelose krediet moet besluit tussen tersydestelling van die verbruiker se regte en verpligtinge of opskorting van die krag en effek van die ooreenkoms nie. Hierdie bespreking stel praktiese ondersoek in na die aard van roekelose krediet en die wyse waarop 'n voorooreenkoms-assessering gedoen moet word. Die remedies ten opsigte van roekelose krediet word ontleed in 'n poging om die praktiese effek van die magte van die hof vas te stel ten opsigte van die verskillende gevalle van roekelose krediet waarvoor die NKW voorsiening maak. Die prosedurele implikasies verbonde aan roeklose krediet word ook ondersoek.
-
Section 14 of the Children's Act 38 of 2005 and the child's capacity to litigate
Authors: T. Boezaart and D.W. De BruinSource: De Jure 44, pp 416 –438 (2011)More LessArtikel 14 van die Kinderwet 38 van 2005 en die verskyningsbevoegdheid van 'n kind
Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)- regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie.
-
Ondernemingsredding uit die wegspringblokke : is dit sterk genoeg?
Swart v Beagles Run Investments 25 (PTY) Ltd : onlangse regspraakAuthor E.P. JoubertSource: De Jure 44, pp 439 –447 (2011)More LessBelangegroepe vanuit die finansiële-, besigheid- en regsgeleerdheidsektore het met afwagting asem opgehou om te sien hoe die hof die splinternuwe begrippe en prosedures in die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 (hierna die Wet), wat op 1 Mei 2011 in werking getree het, uitlê. Een van hierdie prosedures waaroor baie sterk standpunte gehuldig is en wat weldra in meer besonderhede bespreek sal word, is die nuwe ondernemingsreddingsprosedures wat in Hoofstuk 6 van die Wet uiteengesit word. Swart v Beagles Run Investments 25 (PTY) Ltd is, sover vasgestel kon word, die eerste beslissing wat voor die hof gebring is ingevolge hierdie nuwe prosedure. In die doelstellings van die Wet val daar sterk klem op ondernemingsredding en hierdie proses se gees onderlê die res van die temas en oogmerke van die Wet. Hierdie gees behoort dus sekerlik in gedagte gehou te word in die uitleg van die bepalings van Hoofstuk 6.
-
The Citizen v McBride 2011 4 SA 191 (CC) : recent case law
Author W. De KlerkSource: De Jure 44, pp 447 –455 (2011)More LessOver a period of some seven weeks in 2003, the Citizen newspaper published a series of articles and editorials dealing with the candidacy of Robert McBride as chief of the Ekurhuleni metro police. Two initial articles, largely factual in nature, informed readers of McBride's candidacy for the post as chief of police. It related McBride's infamous conviction of murder for the 1986 bombing of the Why Not Restaurant and Magoo's Bar on the Durban beachfront in which three women were killed and sixty-nine other people injured. It also recounted McBride's 1998 arrest and detention in Mozambique on suspicion of gun-running. The initial articles mentioned that McBride was sentenced to death for the 1986 bombing, that the sentence was later commuted and that he was ultimately granted amnesty by the Truth and Reconciliation Commission (parr 8 - 9).
-
Ackermans Ltd v Commissioner for South African Revenue Service, Pep Store (SA) Ltd v Commissioner for South African Revenue Service 2011 1 SA 1 (SCA) : recent case law
Author A. Van CollerSource: De Jure 44, pp 455 –463 (2011)More LessIt is prudent to appreciate the accounting practices employed by an entity where commercial agreements are drafted for and on behalf of that entity. The financial reports of an entity are commonly used in the determination of the purchase price of a sale agreement but the subsequent tax liability resulting from the agreement must be independently evaluated and anticipated.
-
Wesbank v Deon Winston Papier and the National Credit Regulator : recent case law
Authors: C. Van Heerden and H. CoetzeeSource: De Jure 44, pp 463 –479 (2011)More LessThe National Credit Act 34 of 2005 (NCA) comes to the rescue of consumers who are over-indebted (s 79) and/or to whom reckless credit (s 80) has been granted by affording them the opportunity to obtain debt relief inter alia by voluntarily applying for debt review in terms of section 86 of the NCA with a view to eventually obtain restructuring of their credit agreement debt by agreement (s 86(8)(a)) or court order (s 86(7)(c)). The debt review procedure, which is conducted by a debt counsellor, is set out in section 86 of the NCA read with regulation 24 made thereunder.
-
Minister for Justice and Constitutional Development v Tshishonga 2009 9 BLLR 862 (LAC) : recent case law
Authors: M.M. Botha and C.M. SiegertSource: De Jure 44, pp 479 –489 (2011)More LessSection 23(1) of the Constitution of the Republic of South Africa 1996 guarantees a fundamental right in respect of labour relations by providing that "everyone has the right to fair labour practices". The Labour Relations Act 66 of 1995 (hereinafter "the LRA") gives effect to the right to fair labour practices in that employees have the right not to be unfairly dismissed or subjected to unfair labour practices. Section 193 of the LRA provides for remedies when an employee is unfairly dismissed. Reinstatement or re-employment is the primary remedy in cases of unfair dismissal except where the provisions of section 192(3) of the LRA apply, in which case reinstatement cannot be ordered by the labour court or an arbitrator. When an employee wishes not to be reinstated or re-employed, or the circumstances surrounding the dismissal would make the continued employment relationship intolerable, or it is not reasonably practicable to reinstate or re-employ the employee or the reason for dismissal is that it is only procedurally unfair, compensation would be the most appropriate remedy (s 193(2) LRA).
-
Like Pontius Pilate of old, the Constitutional Court washed its hands of my human dignity : a critical review of The Citizen 1978 (Pty) Ltd v McBride 2011 4 SA 191 (CC) : recent case law
Author M.C. ButheleziSource: De Jure 44, pp 489 –506 (2011)More LessOn 8 April 2011, the Constitutional Court, through Cameron J, decided by a majority of five to three, that publications made by The Citizen newspaper, which referred to Robert McBride as a murderer, amongst other things - despite successfully applying for amnesty from the Truth and Reconciliation Commission (TRC) - were protected by fair comment. This was a successful appeal by The Citizen, an erstwhile editor and two journalists against a controversial judgment of the Supreme Court of Appeal, which found that reference to McBride as a murderer had been rendered false by virtue of the amnesty granted to him by the TRC (The Citizen 1978 (Pty) Ltd v McBride 2010 4 SA 148 (SCA) par 33). This meant that any such reference to him could no longer be justified either by the defence of true publication or by fair comment, as the basis for the defence had since been rendered false.