1887

oa De Jure - Bespoke justice? On financial ombudsmen, rules and principles

 

Abstract


Alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures bestaan om diegene by te staan wat nie hulle regte in die howe kan of wil afdwing nie. Die spesifieke voordeel van ombudsmanne is dat hulle prosesse toeganklik, goedkoop, informeel en vinnig is. Hierdie artikel neem twee skemas onder die loep, naamlik die ombud in Suid Afrika en die (FOS) in Engeland. Daar word gekyk na die wyse waarop die twee instansies reëls sowel as beginsels toepas, wat die jurisdiksie en prosedure van elk behels en hoe daar te werk gegaan word om geskille op te los. Die belangrikste verskil tussen die twee organisasies is dat die ombud se beslissings in elke wesenlike opsig dieselfde uitwerking as hofbeslissings het en dat dit volledig gerapporteer word, terwyl beslissings deur die nie ten volle gerapporteer word nie en ook nie presedente daarstel nie. Die streef uiteraard daarna om geregtigheid te laat geskied tussen individuele partye, weliswaar binne die bestaande regsraamwerk, maar met die veronderstelling dat billikheid die belangrikste oorweging moet wees. Hierdie werkswyse kan geregverdig word omdat individuele oplossings nie op ander sake van toepassing gemaak word nie. Die of 'n verweerder word deur wetgewing gemagtig om sake na 'n hof te verwys waar daar sprake is van 'n belangrike of nuwe regsvraag. Die beslissing in so 'n saak stel dan 'n presedent daar. Die Suid-Afrikaanse ombud bereg ook sake binne die bestaande regsraamwerk en moet soos die seker maak dat alle beslissings billik is. Die gevaar is egter dat die ombud nie verplig is om sake na 'n hooggeregshof te verwys nie, met die gevolg dat 'n beslissing wat in der waarheid oorwegend billik is vir die spesifieke partye tot die geding, presedentele waarde het. Hierdie tekortkoming in die Wet gee aanleiding daartoe dat die ombud soos 'n tweede reguleerder word en die gevaar is dat verkeerde interpretasies van die wetgewing tot onbillike resultate vir ander partye tot 'n dispuut kan lei. Hierdie aspek behoort deur die wetgewer aangespreek te word.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/44/2/EJC135334
2011-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error