1887

oa De Jure - Tax characteristics of an ideal holding company location

 

Abstract


Die Suid-Afrikaanse regering het in 2008 aangekondig dat hulle van voorneme is om Suid-Afrika te bevorder as 'n gepaste maatskappyjurisdiksie vir beleggings in Afrika in die algemeen en sub-Sahara Afrika in die besonder. Ten einde hierdie doel te bereik behoort die regulatoriese-, ekonomiese- en juridiese-raamwerke geskik te wees vir internasionale belegging. Een van die ekonomiese en juridiese aspekte wat tans hersien word, is die belastingstelsel. Die belastingstelsel mag sommige eienskappe bevat wat nadelig is vir internasionale houermaatskappye en ander wat bevorderlik is vir sulke maatskappye. Hierdie artikel ontleed die belastingeienskappe van 'n ideale houermaatskappybedeling en beklemtoon die spesifieke elemente tot diemate wat dit houermaatskappye beïnvloed en wat sal verseker dat Suid Afrika 'n ideale ligging vir houermaatskappye word. Hierdie is hoofsaaklik 'n gunstige kapitaalwinsbelastingbedeling, lae inkomstebelasting, geen of lae belasting op dividende, eensydige vermyding van dubbelbelasting, 'n gunstige belastingverdrag netwerk, die afwesigheid van beheerde buitelandse maatskappy wetgewing en 'n liberale dun kapitalisasie- en oordragprys bedeling. Sekere belasting eienskappe soos 'n eensydige vermyding van dubbelbelasting in die vorm van 'n korting vir buitelandse belasting betaal, deelnemende vrystelling en 'n oorvloed van dubbelbelasting verdrae trek beleggings suksesvol aan in die vorm van houermaatskappye na 'n land met sulke eienskappe. In teenstelling hiermee het eienskappe soos buitelandse beheerde maatskappy wetgewing en streng oordragprys bepalings en streng dun kapitalisasie bepalings die teenoorgestelde uitwerking. Selfs in gevalle waar die bepalings nie op houermaatskappye van toepassing is nie mag die blote teenwoordigheid van bogenoemde bepalings steeds buitelandsebeleggers afskrik.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/45/1/EJC135316
2012-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error