1887

oa De Jure - The rule of law versus in the South African constitutional discourse

Volume 45, Issue 2
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Die heerskappy van die reg (rule of law) is een van die grondliggende waardes van die Suid-Afrikaanse grondwetlike orde. Saam met 'n aantal ander waardes wat in artikel 1 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 vervat is, omskryf dit die eenstemmige waardekompleks waarop die huidige grondwetlike orde berus. Hierdie bydrae ontleed onlangse gebeure in die Suid-Afrikaanse grondwetlike diskoers, meer bepaald: (1) die omstredenheid rondom die Regterlike Dienskommissie se hantering van die klagtes van die regters van die Konstitusionele Hof teen regterpresident John Hlophe en (2) die president se verlenging van die ampstermyn van die vorige hoofregter kragtens 'n ongrondwetlike wetsbepaling. Daar word geargumenteer dat die omstredenheid te wyte is aan twee onversoenbare denkbeelde oor die heerskappy van die reg. Die een is die klassieke konsep van oppergesag van die reg, wat op die beginsel van legaliteit gegrond is, en die ander, hier genoem, is gegrond op 'n "norm" van die "beste" besluit in die omstandighede. Hierdie diepliggende verskil spruit voort uit twee uiteenlopende (regs)kulture. Die een het 'n skriftuurlike grondslag en is geanker in 'n soewereine van reg teenoor die ander een wat mondeling en teenswoordig-gesentreerd is en wat nie met die idee van 'n soewereine van reg soos dit eeue lank in veral die Westerse regskultuur bestaan, bekend is nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/45/2/EJC135277
2012-01-01
2017-03-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error