1887

oa De Jure - Judicial oversight for sales in execution of residential property and the National Credit Act

 

Abstract

br/>Praktiese uitvoering word gegee aan 'n hofbevel wanneer 'n huis in eksekusie verkoop word. Verkope in eksekusie stel 'n party in staat om 'n hofbevel teen'n skuldenaar af te dwing. So 'n afdwinging is belangrik vir regswerking. Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 is uitgevaardig om (meestal) prosedurele beskerming te bied aan skuldenaars, terwyl sake soos en verg dat howe geregtelike toesig het by bevele wat lei tot verkope van huise in eksekusie. Die pad tot hier was lank en soms deurmekaar. Howe het geworstel met die vraag of 'n bevel om 'n huis te verkoop in eksekusie sonder 'n hofbevel inbreuk maak op die grondwetlike reg tot toegang tot genoegsame behuising. Verskillende howe het tot verskillende gevolgtrekkings gekom. Alhoewel die problem meestal opgelos is deur die Jaftha en Gundwana beslissings, is die sake waarin die howe met die vraagstuk geworstel het steeds belangrik om in die toekoms die howe te help om 'n balans te vind tussen die regte van die skuldeiser om haar hofbevel af te dwing, en die skuldenaar se grondwetlike regte.


In die artikel word die impak van die Nasionale Kredietwet op die skuldeiser se vermoë om 'n hofbevel te bekom teen 'n skuldenaar, sowel as die mees belangrike sake tot Gundwana wat handel oor die skuldeiser se vermoë om so 'n bevel af te dwing, bespreek. Die fokus is op hoe die hof die mededingende regte moet opweeg.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/45/3/EJC131285
2012-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error