1887

oa De Jure - Sustainable development and the culture of

 

Abstract


Volhoubare ontwikkeling en die bewaring van die omgewing is nie een en dieselfde begrip nie. In die lig van die historiese agtergrond van die ontwikkeling van die begrip, word dit verstaan dat dit ten minste die sentraleelemente van ekwiteit beliggaam en behels die integrasie van die drie pilare van volhoubare ontwikkeling,naamlik ekonomiese groei, die bewaring van die omgewing en sosiale ekwiteit.
Hierdie artikel doen aan die hand dat kultuur as 'n vierde pilaar in die volhoubare ontwikkeling vergelyking bygevoeg moet word en kennis moet hiervan geneem word in enige poging om volhoubare ontwikkeling teweeg te bring. Die inheemse reg kultuur is in die konteks van 'n multikulturelesamelewing in Suid-Afrika verseker, en moet daarom in ag geneem word in die volhoubare ontwikkeling-dialoog. Daar word voorgestel dat omdat die kern inheemse waarde-sisteem beliggaam, dit 'n betekenisvolle rol in die bereiking van volhoubare ontwikkeling kan speel.
Die idee van word bespreek sowel as die rol wat dit alreeds in die ontwikkeling van die reg in Suid-Afrika vertolk het. Omdat kultuur sosiale gedrag inlig, moet strategieƫ om volhoubare ontwikkeling te implementeer in lyn wees met die heersende waardes van die betrokke gemeenskap. Terwyl dit kan werk in 'n homogene samelewing, kan daar moontlik probleme ontstaan waar daar 'n multikulturele samelewing is soos die van Suid-Afrika en hier word dit voorgestel dat harmonisering 'n oplossing mag bied.
Die konsep van volhoubare ontwikkeling soos wat dit ontwikkel het moet nie geneer word nie maar moet ingelig en verryk word deur die inheemse filosofie van . Nie alleen sou dit in die belang van volhoubare ontwikkeling dien nie, maar dit sou ook polities dienstig wees indien volhoubare ontwikkeling die Westerse sowel as die Afrika etos reflekteer en dit sou in lyn wees met die visie wat in die aanhef tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 vervat is: 'Ons, die mense van Suid-Afrika, ... Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.'

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/45/3/EJC131286
2012-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error