1887

oa De Jure - The human rights paradox of lesbian, gay, bisexual and transgender students in South African education

 

Abstract


Onlangse navorsing toon duidelik aan dat benewens geslag, seksuele oriëntasie waarskynlik die volgende sleuteleienskap is wat bepaal wie ons as mense is. Seksuele oriëntasie is een van die belangrike aspekte wat 'n persoon se identiteit, , selfbeeld, samehorigheid, gelykheid en waardigheid bepaal. Wanopvattings en vooroordele lei dikwels tot emosionele, sielkundige en woordelikse diskriminasie of viktimisasie, en kan selfs tot fisiese geweld teen lesbiese, gay, biseksuele en transgeslagtelike (LGBT) student lei. Hierdie artikel ondersoek eerstens historiese voorbeelde van menseregteskendings teen LGBT-mense in Suid-Afrika, sowel as voorbeelde van teenswoordige menseregteskendings teen LGBT-mense, ten spyte van duidelike rondwetlike bepalings in hierdie verband. Ten einde die onderliggende faktore wat sulke skendings meebring te verstaan, word sosiale wanopvattings aangaande LGBT-mense ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van wat biologiese navorsing aangaande LGBT-oriëntasie aan die lig gebring het. Die Menseregtekommissie berig dat fisiese en sielkundige misbruik van LGBT-studente is menseregteskendings wat dikwels in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voorkom. Die artikel voer aan dat stilswye, wanopvattings, miskenning sosiale vooroordele aangaande seksuele oriëntasie 'n "verskuilde kurrikulum" skep wat LGBT-studente se reg op waardigheid en gelykheid skend, en 'n paradoks meebring met die grondwetlike waardes wat Suid-Afrika se demokratiese bestel onderlê.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/1/EJC136263
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error