1887

oa De Jure - A critical analysis of legislation on the financial management of public schools : a South African perspective

 

Abstract


Die oogmerk van hierdie ondersoek is om die implementering van wetgewing wat handel oor openbare skole se finansiële bestuur te verstaan, verduidelik en te kritiseer. Die artikel fokus op die weersprekings en geskille wat ontstaan het rondom die bestuur van skool-finansies sedert 1994. Twee ooglopende finansiëlebestuursake word ondersoek: Wie is werklik aanspreeklik vir die skool se finansies: Die beheerliggaam of die skoolhoof? Wetgewing soos die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en die Indiensnemingswet vir Opvoeders 76 van 1998 omskryf die regte en verantwoordelikhede van skoolhoofde en beheerliggame. Die tweede saak wat aangespreek word is: Spreek dit werklik sosiale regverdigheid en billikheid aan deur die implementering van die Nasionale Norme en Standaarde vir Skool-befondsing se Beleid op Openbare Skole? Dit is noodsaaklik dat skoolbeheerliggame wat daarna streef om skool-finansies behoorlik en doeltreffend te bestuur, 'n duidelike begrip van die wetgewing relevant tot skool finansiële bestuur te hê.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/1/EJC136268
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error