1887

oa De Jure - The labour rights of educators in South Africa and Germany and quality education : an exploratory comparison

 

Abstract


Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die -beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die . Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteitonderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/2/EJC145899
2013-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error