1887

oa De Jure - Dawn of a competitive electricity sector for South Africa : the Independent System and Market Operator Bill B 9-2012 - context, content and comment

 

Abstract


Die ("ISMO-Wetsontwerp") wat tans voor die Parlement dien, is 'n kardinale stap in die ontwikkeling van mededinging in die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor. Die Wetsontwerp word hier krities beskou in die konteks van mededingingsverwikkelinge in die sektor en enkele vergelykings word getref met die Ontario Independent Electricity System Operator (IESO) ten einde voorstelle ter verstewiging van die Wetsontwerp aan die hand te doen. Hierdie het hoofsaaklik betrekking op die korporatiewe vorm van ISMO; ISMO se drievoudige rol met betrekking tot die elektrisiteitbeplanningsfunksie, stelselontwikkeling en as stelsel- en markoperateur; en die eienaarskap van die transmissiebates. 'n Deurtastende beskouing van mededinging in die elektrisiteitsektor toon aan dat velerlei ondernemings in dié verband gemaak is deur die owerhede sedert 1998, maar dat daar weinig van gekom het tot dusver, met die resulterende kapasiteitskrisis wat weer in die winter van 2012 gelei het tot kragonderbrekings en beurtkrag. Daar word voorgestel dat ISMO 'n groter rol te speel het as wat tans in die Wetsontwerp beoog word in verband met elektrisiteitsbeplanning, die toewysing van nuwe opwekkingsgeleenthede, die ontwikkeling en uitbreiding van die nasionale transmissiestelsel en die kontraktering vir nuwe opwekking. Dit word ook beklemtoon dat die eienaarskap van die transmissiebates 'n deurslaggewende faktor kan wees in die uiteindelike sukses aldan nie van ISMO. Die belang van 'n onafhanklike, neutrale mark- en stelseloperateur kan nie oorbeklemtoon word met verwysing na die Renewable Energy Independent Producer Procurement Programme wat einde 2011 deur die Departement van Energie van stapel gestuur is nie. Dit is 'n voorvereiste vir 'n suksesvolle belegging deur 'n onafhanklike kragprodusent dat hy onbelemmerde toegang tot die transmissienetwerk moet kry en dat hy van 'n afset verseker is vir sy produk. ISMO vervul juis hierdie rol.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/2/EJC145900
2013-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error