1887

oa De Jure - Plain packaging and its impact on trademark law

Volume 46, Issue 2
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Handelsmerke word ruim beskerm en wetgewers laat die eienaars van handelsmerke tot 'n groot mate toe om hulle handelsmerke ongestoord te gebruik. Daar is egter 'n nuwe wetgewende tendens op die horison wat 'n bedreiging inhou vir handelsmerke. Hierdie wetgewing, wat hoofsaaklik op tabakprodukte gemik is, vereis dat sodanige produkte slegs in voorgeskrewe ongetooide verpakking te koop aangebied mag word. Die verpakking is effekleurig en slegs die handelsnaam mag op die voorkant verskyn. Dit is die gevolg van riglyne uitgereik deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie na aanleiding van die konvensie oor die beheer van tabakprodukte. Australië is die eerste land wat by wyse van wetgewing aan die riglyne uitvoering gegee het en hierdie wetgewing het toetsing deur die howe deurstaan. Dit wil voorkom of Suid-Afrika ook afstuur op soortgelyke wetgewing. Die gebruik van ongetooide verpakking kan egter onverwagse gevolge inhou. Vervalsing en sluikhandel word tot 'n groot mate bekamp deur die eienaars van handelsmerke wat hulle handelmerke teen misbruik beskerm. Indien tabakprodukte in ongetooide verpakking verkoop moet word, kan dit vervalsing en sluikhandel bevorder deurdat dit makliker sal wees om die verpakking na te boots en moeiliker sal wees vir die eienaars van handelsmerke om hulle regte af te dwing.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/2/EJC145908
2013-01-01
2017-09-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error