1887

oa De Jure - The nature of a headquarter company : a comparative analysis

 

Abstract


Ten einde Suid-Afrika as 'n poort vir belegging in Afrika te bevorder, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Tesourie in 2011 die hoofkwartiermaatskappy reguleering bekendgestel. Dit behels dat, kragtens wysigings van belastingswetgewing, die bepaalde struikelblokke wat verhoed dat hoofkwartiermaatskappye na Suid Afrika gelok word, verwyder word. Maatskappye met sekere kwalifiserende strukturele eienskappe geniet spesiale belastingbehandeling ten einde belegging in die vorm van hoofkwartiermaatskappye te bevorder. Verskeie internasionale maatskappye se strukture stem egter ooreen met die eienskappe van hoofkwartiermaatskappye. In sommige gevalle word die funksies wat deur hierdie entiteite verrig word, gekombineer wat tot gevolg het dat dit die hoofkwartiermaatskappy-funksies van ander entiteite verrig en andersom. Dit skep die geleentheid vir sommige maatskappye, wat nie hoofkwartiermaatskappye is nie, om onbewustelik of bewustelik die voordele wat gemik is op hoofkwartiermaatskappye te verkry. 'n Hoofkwartiermaatskappy is onderskeibaar van verskeie ander vorme van maatskappye wat besigheid in die internasionale sfeer bedryf. Hierdie artikel bespreek die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy en onderskei dit van ander soortgelyke entiteite. Dit dui aan dat, alhoewel daar verskeie en verskillende ooreenkomste tussen hoofkwartiermaatskappye en hierdie entiteite is, die funksie en struktuur van hoofkwartiermaatskappye hulle onderskei van die ander entiteite. Dit is belangrik dat die aard van 'n hoofkwartiermaatskappy nie met die van die ander entiteite verwar moet word nie. Indien die hoofkwartiermaatskappy met ander entiteite verwar word sal dit lei tot oningeligte besluite en dat eienskappe daaraan toegedig word wat tot belastingaanslae of verwagtinge in verskillende jurisdiksies kan lei.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/3/EJC146723
2013-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error