1887

oa De Jure - Let false light (publicity) shine forth in South African law

 

Abstract


Die reg aangaande privaatheidskending het die afgelope aantal jare drastiese ontwikkeling ondergaan in alle opsigte, behalwe met betrekking tot vals lig publikasie. Die onlangse saak van 2011 3 SA 274 (CC) het egter 'n hewige debat ontketen oor die vraag of 'n gemanipuleerde foto wat 'n skoolhoof en adjunk-skoolhoof in 'n seksueelsuggestiewe posisie uitbeeld, sou neerkom op laster. Die Konstitusionele Hof het in 'n meerderheidsuitspraak bevind dat dit inderdaad lasterlik was. Twee aparte minderheidsuitsprake het egter bevind dat die foto nóg belasterend was, nóg die menswaardigheid van die betrokke individue geskend het. Die standpunte van die minderheid was hoofsaaklik gegrond op omsigtigheid om in stryd met artikel 9 van die Grondwet, wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied, op te tree. Meeste van die kritiek wat op die meerderheidsuitspraak gelewer is, deel hierdie sentiment. Dit is glad nie vergesog nie dat die howe uiteindelik in die toekoms kan weier om hulp te verleen waar moontlike skending van artikel 9 ter sprake mag kom. Dit laat egter die vraag ontstaan of die tyd nie ryp is om die reg aangaande vals lig privaatheidskending te ontwikkel nie, om in sodanige gevalle inderdaad 'n remedie te verleen.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/3/EJC146724
2013-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error