1887

oa De Jure - The role of a curator and children's access to the courts

 

Abstract


Normaalweg is dit 'n kind se ouer(s) wat hom of haar in litigasie bystaan of vir en namens die kind litigeer. In uitsonderlike gevalle is dit egter nie moontlik of wenslik om hierdie funksie aan die ouers of voogde oor te laat nie. Dit is deel van ons Romeins-Hollandse regserfenis dat kurators in hierdie gevalle gebruik word om kinders se ontbrekende of beperkte verskyningsbevoegdheid aan te vul. In hierdie bydrae word aangetoon dat die regspraak die rol van die kurator duidelik omskryf het deur dit onder andere te onderskei van die rol van die Gesinsadvokaat en 'n regsverteenwoordiger. Daar word voorts ook aangetoon dat die howe egter verder gegaan het en die rol van die kurator wat vir kinders optree, uitgebrei het om onder andere ook die belange van kinders in die algemeen te dien, dus in gevalle waar hulle nie voor die hof was nie. Die uitbreiding van die rol van hierdie kurators kan op vele maniere verklaar word. Dit kan egter nie betwyfel word dat die Kinderwet 38 van 2005 en litigasie wat in die openbare belang ten behoewe van kinders onderneem word, 'n leeue-aandeel hierin gespeel het nie.
Hierdie uitbreiding word verwelkom omdat toegang tot die howe noodsaaklik is ten einde sosiale geregtigheid te bewerkstellig en kinderregte te verwesenlik. Daar word egter ook aangetoon dat die Suid-Afrikaanse kinderreg in hierdie verband by ander regstelsels kan kersopsteek, aangesien kinders in sekere gevalle steeds hul reg op deelname aan belangrike besluitneming ontneem word.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/3/EJC146728
2013-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error