1887

oa De Jure - The continued relevance of the : recent developments relating to dispossession and eviction

 

Abstract


Ten spyte daarvan dat artikel 26(3) van die Grondwet die uitsetting van persone in die afwesigheid van 'n hofbevel verbied, het drie onlangse hofsake aangedui dat sulke uitsettings steeds plaasvind. Hoewel verskeie opsies vir die applikante (staatsorgane) beskikbaar was om persone uit geboue en skuilings te verwyder, (nood-, gesondheids- en rampmaatreëls en die Uitsettingswet 19 van 1998), is uitsetting in die gevalle onder bespreking effektiewelik bewerk deur spoliasie - van die gebou of skuiling as 'n geheel of van elemente wat integraal tot die skuiling was (ontneming van dakplate). Om besitsherstel te bewerkstellig (en uitsetting om te keer), is die deur die respondente geopper. Hoewel die feite en omstandighede soortgelyk (maar nie identies nie) was, is die uitsprake taamlik uiteenlopend. In twee van die drie sake was die onsuksesvol en is 'n grondwetlike besitsherstelremedie ontwikkel. In die derde geval was die inderdaad suksesvol, hoewel die dakplate met plaasvervangende materiaal herstel moes word.
Die bydrae ontleed die drie sake in die lig van (a) die basiese beginsels van die en die redes vir die remedie in die algemeen; en (b) die noodsaaklikheid (al dan nie) om die remedie te ontwikkel. Dit wil voorkom of die toenemend aangewend word om ander oogmerke, byvoorbeeld grondwetlike beskerming teen uitsetting, te bereik. Dit is problematies in die lig daarvan dat die nooit beoog het om substantiewe regte of, soos in hierdie gevalle, veilige grondbeheer ("secure tenure") daar te stel nie. Wat egter duidelik na vore kom, is dat (a) die Uitsettingswet nie persone beskerm wat in dieselfde posisie as die respondente is nie omdat die Wet te reaktief is; en (b) dat die steeds relevansie het deurdat alle rolspelers gedwing om aan 'n formele proses wat by 'n openbare forum afspeel, deel te neem. Solank as wat die leemtes in die Uitsettingswet voortbestaan, is die relevant, nie net as besitsherstelremedie nie, maar ook as meganisme om die belange van kwesbares - veral by onwettige uitsetting - uit te lig.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/4/EJC148575
2013-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error