1887

oa De Jure - Section 49, lethal force and lessons from the De Menezes shooting in the United Kingdom

Volume 46, Issue 4
  • ISSN : 2225-7160

 

Abstract


Die Strafproseswysigingswetsontwerp 2010 stel sekere wysigings aan artikel 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 voor ten einde die artikel in lyn te bring met die riglyne wat vasgestel is deur die Konstitusionele Hof in 2002 2 SASV 105 (KH) rakende die gebruik van geweld ten einde 'n inhegtenisneming uit te voer. Hierdie artikel poog om die aandag te vestig op die tekortkominge van die voorgestelde wysigings aan artikel 49, deur gebruik te maak van die De Menezes-voorval wat plaasgevind het in die Verenigde Koninkryk, as 'n voorbeeld om die potensiële probleme met die bewoording van die wysigingswetsontwerp toe te lig. Hierdie voorval, waarin 'n onskuldige man deur die Britse polisie doodgeskiet is, gee aanleiding tot 'n aantal interessante vraagstukke met betrekking tot die vlak van geweld wat deur die polisie gebruik mag word om 'n inhegtenisneming te bewerkstellig, en die impak wat terrorisme - spesifiek selfmoordterrorisme - internationaal gehad het op polisie taktiek. In lyn met die Britse ondervinding, sal dit betoog word dat die voorgestelde wysigings aan artikel 49 nie 'n aanvaarbare oplossing in Suid-Afrika bied vir 'n soortgelyke terroristebedreiging nie. Hierdie argument is gebaseer op die voorgestelde teks in artikel 49(2)(b) - naamlik dat ("die verdagte word vermoed") mag lei tot onskuldige dodings, aangesien die woorde die potensiaal het om die beluitneming, rakende die gebruik van dodelike geweld, van die arresteerder na die verwyderde ("inspekteur") oor te dra. Verder het die insluiting van die teks, ("wat 'n misdryf gepleeg het"), en die uitsluiting van die frase, ("toekomstige doding of ernstige liggaamlike besering"), die gevolg dat die voorgestelde artikel 49 slegs bruikbaar sal wees in voorvalle waar die verdagte ook 'n verdagte is in 'n vorige misdaad, en sal dit nie van hulp wees vir die arresteerder in gevalle waar die verdagte moontlik 'n misdaad in die toekoms beplan nie.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/4/EJC148579
2013-01-01
2017-05-23

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error