1887

oa De Jure - A contractual perspective on the strict liability principle in the World Anti-Doping Code

 

Abstract


Die beginsel van strenge aanspreeklikheid in die bepaal dat indien die atleet se bloed of urinemonster 'n positiewe resultaat vir verbode middels toon, die atleet outomaties skuldig is aan 'n oortreding ingevolge die kode. Die skuldigbevinding staan ongeag of die atleet op 'n skuldige of onskludige wyse gehandel het. Die afwesigheid van skuld sal slegs 'n rol speel by die bepaling van die sanksie wat die atleet ontvang. Hierdie beginsel is direk uit die privaatreg oorgeplant om toepassing te vind in dissiplinêre verhore wat handel oor die gebruik van verbode middels in sport. Sommige skrywers meen dat privaatregtelike beginsels nie 'n plek in dié soort tugverhore behoort te hê nie. Hulle verloor egter uit die oog dat die verhouding tussen atleet en sportligaam 'n kontraktuele verhouding is en dat die atleet kontraktueel gebonde is om nie in stryd met die kode te handel nie. Dus, indien die atleet 'n bepaling van die kode oortree, stel dit kontrakbreuk daar in die vorm van positiewe wanprestasie. In die geval van positiewe wanprestasie is dit nie nodig vir die eiser om te bewys dat die verweerder skuld gehad het toe kontrakbreuk plaasgevind het nie. Geen verontskuldiging kan die kontrakbreuk tot niet maak nie. Die afwesigheid van skuld, al dan nie, speel slegs 'n rol by die bepaling van die mate waartoe die verweerder aanspreeklik gehou kan word. Daarom word aangevoer dat die beginsel van strenge aanspreeklikheid in tugverhore rakende die gebruik van verbode middels deur atlete slegs 'n toepassing is van die algemene beginsels van die kontraktereg.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/46/4/EJC148580
2013-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error