1887

oa De Jure - Direct marketing and spam via electronic communications : an analysis of the regulatory framework in South Africa

 

Abstract


Hierdie artikel weerlê die feit dat die reguleering van "spam" en direkte bemarking aanlyn nie holistiese aandag geniet nie en dat die gefragmenteerde benadering in terme van die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies 25 van 2002, Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ongewens is. Dit het die gevolg dat verbruikers onvoldoende beskerming geniet en 'n onvermoë van die reg om "spam" en direkte bemarking aanlyn effektief te beheer.
Terwyl aanlyn direkte bemarking en "spam" tot 'n mate oorvleuel is "spam" 'n wyer konsep as direkte bemarking. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat nie alle direkte bemarking "spam" is nie, en nie alle "spam" direkte bemarking is nie. Die beperking van die regulering van "spam" tot kommersiële kommunikasies of selfs die meer noue konsep, kommunikasies wat met direkte bemarking betrekking het, is nie voldoende nie omdat daar dan steeds baie verskillende tipes "spam" is wat nog ongereguleerd sal bly.
Die artikel argumenteer dat hoewel onlangse regulatoriese veranderinge kan gesien word as 'n verbetering op die vorige posisie in sekere aspekte, is daar nog meer aspekte wat onaangeraak bly en daar is 'n paar bepalings wat nuwe probleme skep. Ten spyte van die onlangse veranderinge in die regulatoriese omgewing is dit waarskynlik dat verbruikers steeds blootgestel gaan word aan 'n deurlopende stroom van nuusbriewe, meningsopnames, godsdienstige boodskappe, politieke inhoud, virus waarskuwings en virus bedrog, nuus, ketting briewe, haatpos en noukeurige vervaardigde elektroniese kommunikasies wat bedrieglike of misleidende inhoud bevat.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/47/1/EJC155521
2014-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error