- Home
- A-Z Publications
- De Jure
- Previous Issues
- Volume 48, Issue 1, 2015
De Jure - Volume 48, Issue 1, January 2015
Volume 48, Issue 1, January 2015
-
Editorial / Redaksioneel
Author G.P. StevensSource: De Jure 48, pp iii –iv (2015)More LessWith the wise words of Paul Dirac in mind, the editorial board of De Jure has pleasure in presenting the first volume of 2015. As with every volume of De Jure, this volume contains valuable contributions by a variety of academics on a wide variety of topics. A particular feature of this volume relates to the cluster of contributions dealing with consumer law.
-
Evidence by means of closed circuit television or similar electronic media in South Africa : does section 158 of the Criminal Procedure Act have extraterritorial application?
Author Jamil D. MujuziGetuienis deur middel van Geslotekringtelevisie of Soortgelyke Media in SuidAfrika - Het Artikel 158 van die Strafproseswet Ekstra-territoriale Toepassing?
Artikel 158(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 bepaal onder andere dat 'n Hof op eie inisiatief of op aansoek van die aanklaer, die beskuldigde of 'n getuie kan gelas dat die beskuldigde of getuie, indien die beskuldigde of getuie daartoe instem, deur middel van geslotekringtelevisie of soortgelyke elektroniese media getuig. Regspraak, insluitend appèlhof gesag, toon aan dat artikel 158 ook aangewend is in die verlede vir getuies wat buite Suid Afrika gesetel is ten einde getuienis af te lê deur middel van geslotekringtelevisie tydens 'n verhoor in Suid Afrika. In hierdie bydrae word daar aangetoon dat hierdie praktyk foutief is met spesifieke verysing na geskiedenis ten aansien van die opstel van artikel 158.
-
Die aanvaardingsvereiste in lewensversekeringskontrakte
Author Rika Van ZylAcceptance Requirement in Life Insurance Contracts
In the South African stipulatio alteri it is a requirement that the beneficiary must accept the benefit in order for his right to vest. This is against the "privity of contract" doctrine where one may not put the beneficiary of a life insurance contract under any obligations. It seems, however, that the obligation of acceptance by the beneficiary has become set in the South African law through our old writers and legislation that failed to interpret the principle clearly and resulted in a unique application of the agreement on behalf of a third party in South Africa. A distinction must also be drawn between revocable and irrevocable life insurance contracts and the impact thereof on the acceptance by the beneficiary. The moment of acceptance by the beneficiary has important implications for the application of the rights for the beneficiary. Acceptance by the beneficiary before the death of the life insured, seems to have no effect, and no rights vest for the beneficiary. It is only after the death of the life insured that the nominated beneficiary can accept, and with this a right immediately vests in the beneficiary. The question of what the beneficiary must accept, may be seen as nugatory as this is confirmation that acceptance by the beneficiary should not be an obligation or a requirement before the right vests. Otherwise, the third party creates a right for himself by his actions, which is not the intention of a contract in favour of a third party. A look at English law might shed some light on the South African position because of the fact that they implemented a set of formal rules regarding a contract in favour of a third party. It is suggested that South Africa should also include a set of formal rules in legislation to govern the unique South African application of the stipulatio alteri.
-
Military intervention in Syria : the American, British and French alternatives and the Russian option
Authors: Johan D. Van der Vyver and Johan D. Van der VyverMilitêre ingrype in Sirië: Die Amerikaanse, Britse en Franse Alternatiewe en die Russiese Opsie
Die gebruik van chemiese wapens deur die Siriese owerheid teen rebellegroepe in die land het dwarsoor die wêreld opslae gemaak. DieAmerikaanse, Britse en Franse owerhede het gedreig met gewapende ingrype teen ongedefinieërde teikens in Sirië, maar het regverdiging virsodanige ingrype op verskillende gronde gebaseer. Die Britse Eerste Minister David Cameron het gewapende ingrype op grond van humanitêre intervensie probeer regverdig, President Barack Obama van die Verenigde State sou dit op grond van oorwegings van selfverdediging en die verdediging van Amerikaanse bondgenote in die Midde Ooste regverdig, terwyl die Franse Eerste Minister Jean-Marc Ayrault gewag gemaak het van die noodsaak om Sirië te straf vir sy vergrype teen die verbod van internasionele gewoontereg op die gebruik van chemiese wapens.
In hierdie artikel word aangevoer dat hoewel oorlogsmaatreëls in hedendaagse humanitêre reg nie tot die gronde beperk is wat in artikels 42 en 51 van die Handves van die Verenigde Nasies vermeld word nie, die gronde ter regverdiging van gewapende ingrype in Sirië wat deur die staatshoofde van die Verenigde State, Britanje en Frankryk aangevoer is, nie regtens geoorloof is nie. Humanitêre intervensie is tradisioneel gemik op die omverwerping van 'n regering wat sy eie burgers se regte ondermyn, maar al drie lande het dit duidelik gestel dat hulle nie daarop ingestel is om die Siriese regering tot 'n val te bring nie; voorkomende selfverdediging is alleen geregverdig as 'n militêre aanval onmiddellik dreigend is, en nòg die Verenigde State nòg enige van sy bondgenote is met 'n militêre inval bedreig; en strafmaatreëls teen 'n staatsowerheid is 'n uitsluitlike prerogatief van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies.
Die Russiese Federasie het gevolglik die weg gebaan, naamlik om die aangeleentheid na die Veiligheidsraad te verwys. Dit het daarop uitgeloop dat Sirië verbied is om chemiese wapens te ontwikkel, te verkry of op te berg, en dat Sirië die 1993 Konvensie aangaande die Verbod op die Ontwikkeling, Vervaardiging en Opberging en Gebruik van Chemise Wapens en die Vernietiging van Sodanige Wapens op 14 September 2013 geratifiseer het.
-
Angels and demons, innocents and penitents : an analysis of different "characters" within the penal discourse of apartheid South Africa 1980 to 1984 - Part One
Author Stephen A. PeteEngele en Duiwels, Onskuldiges en Boete-doeners: 'n Analise van Verskillende "Karakters" in die Gevangenis-diskoers van Apartheid Suid-Afrika (1980 tot 1984)
Wat ras, klas en geslag betref was daar vanaf koloniale tye af nog altyd 'n tweespalt in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. In so 'n verskeurde samelewing is die openbare debat rondom 'n komplekse sosiale praktyk soos straf of gevangenisskap noodwendig deurspek met nuanse. Hierdie artikel ondersoek wyses waarop temas in die openbare debat rondom gevangenisskap in Suid-Afrika verskil van een kategorie van gevangenes tot die volgende. Die tydperk wat ondersoek word is die eerste helfte van die 1980s - 'n dekade waarin aansienlike krake in apartheid toegedien is; 'n tydperk waarin interne en eksterne opposisie teen die stelsel 'n hoogtepunt bereik het, en die owerhede met 'n "algehele strategie" opgetree het. Elke draad van die ondersoekte diskoers onthul 'n ander "karakter" in die oorkoepelende verhaal wat spruit uit die gevangenisdiskoers van die tyd. Die diskoers rondom die volgende vier kategorieë van gevangenes word ondersoek: wit manlike gevangenes, bende-lede in gevangenis, wit vroulike gevangenes, kinders. Die artikel bestaan uit twee dele - Deel Een fokus op die eerste twee kategorieë en Deel Twee op die laaste twee.
-
The "reinstatement" of credit agreements : remarks in response to the 2014 amendment of section 129(3)-(4) of the National Credit Act
Author Reghard BritsDie "Herstel" van Kredietooreenkomste: Opmerkings in Reaksie op die 2014 Wysiging van Artikel 129(3)-(4) van die Nasionale Kredietwet
Voor die 2014 Wysigingswet het artikel 129(3) en (4) van die Nasionale Kredietwet voorsiening gemaak vir verbruikers om kredietooreenkomste te herstel deur alle agterstallige bedrae asook sekere kostes te betaal. Die idee was dat die skuldafdwingingsproses onderbreek word wanneer die verbruiker aan die voorgeskrewe vereistes voldoen het. Die bestaan van hierdie maatreël is belangrik om verbruikers te beskerm teen die potensieël negatiewe gevolge van die streng afdwinging van vervroegingsbedinge in kredietooreenkomste. Ook vanuit 'n konstitusionele perspektief is hierdie meganisme 'n noodsaaklike element van ons kredietreg. Subartikel (3) het die basiese reg beskryf terwyl subartikel (4) die beperkings daarop omskryf het. Ten spyte van 'n paar onsekerhede aangaande die werking van hierdie meganisme, het regspraak en akademiese kommentaar 'n algemeen werkbare uitleg van hierdie bepalings opgelewer. Die wetgewer het dit desnieteenstaande nodig geagom die subartikels te wysig. Die doel van hierdie bydrae is om sodanige wysigings te analiseer om uit te pluis wat die stand van sake is nou dat die wysigingswet in werking getree het. Dit is belangrik om te besef dat die spesifieke wysigings wat aangebring is waarskynlik nie daarop gemik is om die substansie van hierdie meganisme te verander nie. Inteendeel, die doel was waarskynlik slegs om sekere konseptuele teenstrydighede uit die weg te ruim. Die wysigings aangebring aan subartikel (3) is duidelik gemik op hierdie oogmerk en is daarom onproblematies. Subartikel (4) se wysigings verg egter meer kopkrapwerk, want die letterlike bewoording mag onlogies voorkom. Die gevolgtrekking is dat die doel van artikel 129(3) en (4) steeds is om enersyds te voorsien vir die verbruiker se reg om agterstallige bedrae op datum te bring en andersyds om die beperkinge van hierdie reg te omskryf, ten spyte van die verwarrende bewoording van veral subartikel (4).
-
The 2014 credit-information amnesty regulations : what do they really entail?
Author Michelle Kelly-LouwDie 2014 Kreditinligting Amnestie Regulasies: Wat behels hulle regtig?
Op 1 April 2014 het regulasies ingetree wat behels dat sekere nadelige verbruikerskredietinligting en inligting aangaande volopbetaalde siviele vonnisse van alle kredietrekords van verbruikers wat gehou word deur alle geregistreerde kredietburos verwyder moet word. Die regulasies maak voorsiening vir 'n proses ten aansien van die eenmalige verwydering van sodanige inligting sowel as om inligting aangaande volopbetaalde vonnisse op 'n voortdurende basis te verwyder. Die Nasionale Krediet Wysingswet 19 van 2014 maak ook voorsiening vir die deurentydse verwydering van sodanige inligting. Alhoewel die regulasies redelik eenvoudig is, is daar tog 'n paar fasette wat onduidelikheid veroorsaak. Grotendeels het dit te make met die korrekte interpretasie van sekere woorde en uitdrukkings wat in party subregulasies gebruik word. Dit is byvoorbeeld onduidelik of die regulasies ook van toepassing kan wees op sekere regspersone. Daar is ook nie sekerheid oor welke inligting steeds in verbruikers se betalingsprofiel mag verskyn en hoe sodanige regulasies die betalingsprofiele beïnvloed nie. Die regulasies bepaal duidelik dat die inligting wat verwyder is van die kredietrekords van verbruikers ingevolge die regulasies nie deur kredietgewers gebruik mag word tydens die assessering of 'n verbruiker kwalifiseer vir enige krediet nie. Wat die regulasie egter nie bepaal nie is of sodanige kredietgewer sodanige inligting mag gebruik waar hy dit bekom het deur nie na 'n kredietburoverslag te kyk nie, maar deur sy eie interne rekords na te gaan, byvoorbeeld in die geval waar hy met 'n bestaande kliënt te doen het nie. Hierdie aspekte, sowel as 'n paar ander, word in diepte in hierdie artikel bestudeer. Die impak wat die regulasies op die verbruikerskrediet mark tot dusver gehad het, sowel as 'n paar voordele en nadele van die regulasies word ook kortweg bespreek.
-
Fairness a slippery concept : the common law of contract and the Consumer Protection Act 68 of 2008
Author Yeukai MupangavanhuBillikheid is 'n Glibberige Konsep: Die Gemeenregtelike Kontraktereg en die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008
Die kontraktereg is in die verlede gekritiseer, onder andere vir die volgende redes: eerstens, vir die klassieke libertynse grondslag daarvan; tweedens, omdat dit nie grondwetlike waardes ten volle omsluit het nie; en, laastens, omdat dit daarvan weggeskram het om aan regverdigheid en billikheid uiting te gee in die aanwending van tersaaklike regsreëls. Die kwessie of howe na behore 'n balans tref tussen kontrakteervryheid en pacta sunt servanda enersyds, en billikheidsoorwegings andersyds bly een van die probleme wat die moderne kontraktereg in die gesig staar. Heelwat gewysdes dui daarop dat howe voorkeur verleen aan pacta sunt servanda bo billikheidsoorwegings aangesien die howe daarna streef om reg- en handelsekerheid te verseker deur die handhawing van kontrakte wat vrylik deur die partye daartoe gesluit is, al is dié kontrakte somtyds onbillik. Die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (WOV) het ten doel om, onder andere, die sosiale en ekonomiese belange van Suid-Afrikaanse verbruikers te bevorder, billike besigheidspraktyke aan te moedig, en verbruikers teen gewetenlose, onregverdige en onbehoorlike besigheidspraktyke te beskerm. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of die regspaternalisme onderliggend tot die uitvaardiging van die WOV wel daarin slaag om van die kritiek aan te spreek wat in die verlede teen die gemeenregtelike kontraktereg geopper is, by uitstek ten opsigte van die billikheidskwessie.
-
WTO Appellate Body Ruling in United States - Certain country of origin labeling requirements : trading away consumer rights and protections, or striking a balance between competition-based approach in trade and consumer interests?
Author Omphemetse S. SibandaWHO Appelliggaam Beslissing in United States - Certain Country of Origin Labeling Requirements: Erosie van Verbruikersbeskerming en Veiligheid, of is dit Noodsaaklik ten einde 'n Balans te Bewerkstellig Tussen Handelsregulering en Verbruikersbelang?
Hierdie bydra oorweeg die bevinding van die Appelliggaam van die Wêreldhandelsorganisaise (World Trade Organization) in die geval vanUnited States - Certain Country of Origin Labeling (COOL) requirements (US - COOL). Die kern oorweging is of die bevinding in die voormelde beslissing,neerkom op 'n erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, en of dit 'n noodsaaklike euwel is in 'n poging om 'n balans tussen handelsregulering en verbruikersbelange daar te stel. Die bevinding dien as bewys van die kompleksiteit van die interpretasie en toepassing van die Wêreldhandelsorganisasie se ooreenkomste. Sommige van die interpretasies het die potensiaal om 'n positiewe of 'n negatiewe impak op verbruikersregte te hê. Die betrokke bevinding van die Wêreldhandelsorganisasie sit gedeeltelik die beskouing voort dat hierdie organisasie nie verbruikersbelange vooropstel nie. In 'n poging om 'n balans tussen die kompeterende benadering in handel aan die een kant, en verbruikersbelange aan die ander kant te handhaaf, het die betrokke bevinding die onvermydelike impak dat dit die vermoë van die staat om verbruikers tebeskerm, verswak het.
-
Bread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008
Authors: Andrea Bauling and Annelize NagtegaalDie Grondwet, verbruikersbeskerming en brood as menswaardigheid
Die belang van die onderlinge verband tussen mense- en verbruikersregte, (her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as 'n instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlik-voorgeskrewe plig om op 'n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig. Die Wet op Verbruikersbeskerming stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien 'n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid-Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na 'n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in 'n mindere mate, bydra tot die proses om armoede uit te roei en gelykheid in die samelewing daar te stel. Alle geleenthede moet benut word in die soeke na maniere om armoede aan te spreek. Die hoop is dat die Wet op Verbruikers-berskerming die era van die etiese kontrak sal inlei.
-
The timeous enforcement of trade mark rights : notes
Author R.W. AlbertsIdeally, a trade mark proprietor should take steps to enjoin infringing use as soon as possible after a third party commences use of a registered trade mark, such use amounting to infringement. The reality of commerce is, of course, that this does not always happen. Sometimes the proprietor might simply not be aware of the infringement. At other times the third party's use could be perceived not to be prejudicial at first, due to, inter alia, geographical considerations, the size of the operation, the nature of the goods produced or services rendered etc. The result could be that court proceedings are only instituted a number of years after use first began (but always on the assumption of course that the third party's use postdates the registration date of the proprietor's mark). By way of example, in Turbek Trading CC v A & D Spitz Ltd 2009 (SCA) 158, a claim was considered on the merits despite a delay of six years (par 15). One question that needs answering here is what the legal consequences are when there is a delay before a trade mark right is enforced. Another, in what circumstances the delay can constitute a defence, and the various defences that could feature (waiver and consent are not dealt with here - see Sonnekus The Law of Estoppel in South Africa (2012) 161). These issues are discussed below (see also Alberts 'Check who's using yourtrade mark: The need for the timely enforcement of trade-mark rights' 2007 Juta's Business Law 32).
-
Note on the use of the public nuisance doctrine in 21st century South African law : notes
Author A. SamuelsSince the reception of the common law remedy of public nuisance into South African law during the late 19th century, it has been applied in what can be categorised as three series of cases: the first series dating from the late 19th century to 1943 (Queenstown Municipality v Wiehan 1943 (EDL) 134); the second series consisting of only one case in 1975 (Von Moltke v Costa Aroesa (Pty) Ltd 1975 (1) SA 255 (C) (the Von Moltke case)); and a third series between 1989 and 2001 (in East London Western Districts Farmers' Association v Minister of Education and Development Aid 1989 (2) SA 63 (A) (East London case) the application for an interdict to abate a public nuisance as a result of an informal settlement was granted; Diepsloot Residents and Landowners Association and Another v Administrator Transvaal 1993 (1) SA 577 (T); Diepsloot Residents and Landowners Association and Another v Administrator Transvaal 1993 (3) SA 49 (T); Diepsloot Residents and Landowners Association and Another v Administrator Transvaal 1994 (3) SA 336 (A)). In the Diepsloot trilogy, an application for an interdict preventing the establishment of the formal settlement was denied after the court considered policy considerations; in Rademeyer and Others v Western Districts Councils and Others 1998 (3) SA 1011 (SE), the application for an interdict to prevent the establishment of an informal settlement was denied because the occupiers of the informal settlement were protected as "occupiers" under the Extension of Security of Tenure Act 62 of 1997. In Three Rivers Ratepayers Association and Others v Northern Metropolitan 2000 (4) SA 377 (W) (Three Rivers case), an application for an interdict was granted after the local authority could not prove that it had taken reasonable steps to prevent a possible public nuisance caused by an informal settlement being established in the vicinity of the properties owned by the members of the Three Rivers Ratepayers Association. In Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Another (Mukhwevho intervening) 2001 (3) SA 1151 (CC), the court denied an application for an interdict to prevent a temporary transit camp from being established in the vicinity of farms and residential areas. Amongst the arguments presented by the applicants, was that of a public nuisance being constituted, but no evidence could be given to support that argument and it failed in the Constitutional Court.
-
Onderhoudstoekenning vir gades of vennote pendente lite en by egskeiding : het ons 'n nuwe benadering? : aantekeninge
Author L.N. Van SchalkwykHierdie aantekening beoog om vas te stel of die beleid met betrekking tot onderhoudstoekenning vir vennote in 'n burgerlike vennootskap en gades in 'n huwelik by egskeiding verander het. Die aantekening gaan op twee gevalle konsentreer.
Die een geval wat ondersoek word, fokus op onderhoudstoekenning ingevolge Reël 43(1) van die Eenvormige Hofreëls en die ander omstandigheid bespreek onderhoudsvoorsiening ingevolge artikel 7(2) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979.
Alvorens daar met die bespreking verder gegaan word, gaan die algemene beginsels vir onderhoudstoekenning kortliks bespreek word.
-
Body Corporate Palm Lane v Masinge 2013 JDR2332 (GNP) : recent case law
Authors: A. Boraine and M. RoestoffIn Body Corporate Palm Lane v Masinge (2013 JDR 2332 (GNP)) the court exercised its discretion in terms of section 12(1) of the Insolvency Act 24 of 1936 against the granting of a final order for sequestration even though all the requirements for the granting of such order in terms of section 12(1) were satisfied. The court thus came to the assistance of the respondent-debtor by allowing him the opportunity to pay off his debt rather than have his estate sequestrated and being obliged to surrender his assets and thus also being subjected to the stigma and restrictions of insolvency. In this respect, it is to be noted that it is currently a worldwide trend to accommodate insolvent or over-indebted debtors and to retreat from the principle of maximising returns for creditors as the only objective of consumer insolvency regimes. The following observation in a recent report of the World Bank is pertinent in this regard (see Working Group on the Treatment of the Insolvency of Natural Persons Report on the treatment of the insolvency of natural persons Insolvency and Creditor/ Debtor Regimes Task Force, World Bank 2012 par 393 - available at http://bit.ly/Oft3hp - hereafter the World Bank Report).
-
Farm Frites v International Trade Administration Commission Case 33264/14 GN : recent case law
Author G.F. BrinkOn 20 May 2014, in the High Court, Bam J passed judgement that may have far-reaching implications for the administration of the law of unfair international trade, specifically anti-dumping law, in South Africa. It is submitted that the decision could lead to abuse of administrative powers by the International Trade Administration Commission (ITAC), the authority responsible for conducting anti-dumping investigations. This is the second judgement that severely curtails the rights of interested parties, following on International Trade Administration Commission v SCAW South Africa (Pty) Ltd Case CCT 59/09 2010 (CC) 6.
-
The President of RSA v Reinecke 2014 3 SA 205 (SCA) : recent case law
Author T.G. NkosiThe recent appeal case of The President of RSA v Reinecke (the Reinecke judgment) dealt with many issues about the employment of magistrates under the Magistrates Court Act (90 of 1993) but the most important issue for purposes of this note is how the judgment grappled with, on the one hand, the relationship between the common law rights and those rights conferred by statute in the labour sphere and; on the other hand, the notion of constructive dismissal in a complex working environment. The case calls for comment purely on the possible precedent it sets for the relationship between the common law and statutory rights in matters concerning employment as well as the impact it makes into the doctrine of constructive dismissal. The findings made by the court could potentially escalate and begin to constitute new defences to common law remedies where these intersect with other statutes that regulate employment and to claims of constructive dismissals.
-
Minister of Safety and Security v Sekhoto 2011 1 SACR 315 (SCA) : recent case law
Author P.R. MsauleThe right to liberty of the person has always been accorded protection by our courts even before the advent of the Constitution. This right has been constitutionalised in the post-apartheid Constitutions. Section 12 of the Constitution of 1996 guarantees everyone's right to freedom and security of the person, which includes the right "not to be deprived of freedom arbitrarily or without just cause". Like all rights in the Bill of Rights, the right to freedom is not absolute and can, where it is reasonable and justifiable, be limited. Section 36 of the Constitution provides for the general limitation of the rights in the Bill of Rights. Arrest by police officials is one of the most common means of limiting an individual's right to freedom. Arrest may take one of two forms: arrest without a warrant and arrest with a warrant (in terms of ss 40 & 43 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 (CPA) respectively). This article will not concern itself with the latter form, ie arrest with a warrant. Suffice it to say unlike a warrantless arrest, arrest on a warrant is subject to judicial oversight. For an arrest without a warrant to be lawful, it has to satisfy the four jurisdictional facts set out in Duncan v Minister of Law and Order (1986 2 SA 805 (A) 818G-H). Where these factors are complied with, the arrest is deemed lawful regardless of its reasonableness. These factors are:
(a) the arrestor must be a peace officer;
(b) she must entertain a suspicion;
(c) the suspicion must be that the suspect has committed an offence listed in schedule 1 of the CPA;
(d) such suspicion must be based on reasonable grounds.
-
Complementarity in the Line of Fire: The Catalysing Effect of the International Criminal Court in Uganda and Sudan, Sarah M Nouwen : book announcement
Author D. Tladiif anything, the story of complementarity's catalysing effect has shown that this is not a world of endless 'complementaries' in which efforts for criminal, restorative, political and legal justice seamlessly 'complement' each other. This is a world of horrific constraint, in which the promotion of one value often compromises another. More precisely, the absolute war on impunity succeeds in achieving some justice, but also produces, shapes and legitimates injustices. This is not a moment for concluding. It is the moment for more questioning.