1887

oa De Jure - Fairness a slippery concept : the common law of contract and the Consumer Protection Act 68 of 2008

 

Abstract


Die kontraktereg is in die verlede gekritiseer, onder andere vir die volgende redes: eerstens, vir die klassieke libertynse grondslag daarvan; tweedens, omdat dit nie grondwetlike waardes ten volle omsluit het nie; en, laastens, omdat dit daarvan weggeskram het om aan regverdigheid en billikheid uiting te gee in die aanwending van tersaaklike regsreëls. Die kwessie of howe na behore 'n balans tref tussen kontrakteervryheid en enersyds, en billikheidsoorwegings andersyds bly een van die probleme wat die moderne kontraktereg in die gesig staar. Heelwat gewysdes dui daarop dat howe voorkeur verleen aan bo billikheidsoorwegings aangesien die howe daarna streef om reg- en handelsekerheid te verseker deur die handhawing van kontrakte wat vrylik deur die partye daartoe gesluit is, al is dié kontrakte somtyds onbillik. Die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (WOV) het ten doel om, onder andere, die sosiale en ekonomiese belange van Suid-Afrikaanse verbruikers te bevorder, billike besigheidspraktyke aan te moedig, en verbruikers teen gewetenlose, onregverdige en onbehoorlike besigheidspraktyke te beskerm. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of die regspaternalisme onderliggend tot die uitvaardiging van die WOV wel daarin slaag om van die kritiek aan te spreek wat in die verlede teen die gemeenregtelike kontraktereg geopper is, by uitstek ten opsigte van die billikheidskwessie.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/48/1/EJC173469
2015-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error