1887

oa De Jure - What is wrong with modern unjustified enrichment law in South Africa?

 

Abstract


Onlangse ontwikkelings op die terrein van onregverdige verryking in die Suid Afrikaanse reg het daarop gedui dat die Romeinse reg, wat die basis vorm van verrykingsaanspreeklikheid, drasties getransformeer, en selfs totaal verander behoort te word ten gunste van 'n nuwe paradigma van vereistes. In dieselfde asem word voorgestel dat verryking nie meer onderdanig aan die ander , te wete kontrakte- en deliktereg, gestel behoort te word nie, en dat dit 'n selfstandige derde been van die verbintenisreg behoort te vorm. Deur gehoor aan hierdie hervorming te gee sal egter impliseer dat die belangrike vereiste van verarming buite rekening gelaat kan word, en ook dat grondbeginsels van die verrykingreg, soos byvoorbeeld die regverdigheids- en die ekwiteitsbeginsel, verlore mag gaan. Die moontlikheid om die gedeeltelik of volledig te vervang word ook deur sommige kontemporêre skrywers ondersoek. Die belangrikste protagonis vir hierdie hervormings is Visser wat dit in sy boek uiteensit. In teenstelling hiemee wil hierdie artikel argumenteer dat die Romeinse reg 'n uitstekende en voldoende basis vorm vir die ontwikkelings wat op die terrein van die verrykingsreg voorgestel word. Die artikel wil verder argumenteer vir die behoud van die regverdigheidsgrondslag, soos ontwikkel deur die Romeinse- en gemene reg, as eerste beginsel van die verrykingsreg. Hiervoor word die regshistoriese metode aangewend. Hierdie metode toon nie die Romeinse reg tekste binne die konteks van die aan nie, maar eerder binne die konteks waarin hulle deur die klassieke juriste oorspronklik geskryf is. Die gevolg hiervan is dat die tekste veel meer kontekstueel uitgelê kan word. Sonnekus se boek asook Du Plessis se boek word ook bespreek. Om die argumente af te sluit sal twee spesifieke probleme in die verrykingsreg oorweeg word. Ten eerste sal die afwatering van die wederkerigheidsbeginsel in die verrykingsreg bespreek word, gevolg deur 'n analise van die verslapping van die reël in die Suid-Afrikaanse reg. Daar word geargumenteer dat daar in beide hierdie gevalle meer indringende teoretiese herstelwerk aan die foutiewe interpretasiese van die howe gedoen behoort te word, eerder as om die Romeinse reg te probeer hervorm deur dit te vervang met regsbeginsels wat afkomstig is vanuit kontinentale gekodifiseerde stelsels wat onversoenbaar met ons reg is. Daar word ten slotte oorweging gegee aan die feit dat indien bogenoemde foute slegs deur wetgewing reggestel kan word, dit oorweeg behoort te word dat die gemene reg slegs hervorm kan word binne die fundamentele grondbeginsels van die onregverdige verrykingsreg.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/48/2/EJC182695
2015-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error