1887

oa De Jure - The South African International Cooperation in Criminal Matters Act and the issue of evidence

 

Abstract


Suid Afrika het verskeie inisiatiewe aangeneem ten einde tesame met ander lande misdaad te bekamp. Een sodanige inisiatief behels die aanname van die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede (International Co-operation in Criminal Matters Act ('ICCMA')) in 1996, welke wet ten doel het om getuienis lewering, die uitvoering van vonnisse in strafsake, en die konfiskering en oordrag van opbrengste voortspruitend uit misdaad te vergemaklik tussen Suid Afrika en buitelandse state. Die ICCMA bestaan uit vyf hoofstukke maar die oorgrote meerderheid van regspraak afkomstig van Suid Afrikaanse howe het gehandel met die hoofstuk wat betrekking het op die verkryging en toelaatbaarheid van getuienis. Dit is gevolglik teen hierdie agtergrond wat hierdie artikel fokus op die aspekte rakende getuienis wat deur die Suid Afrikaanse howe behandel is. Die doel van hierdie artikel is gevolglik om aan te toon hoe Suid Afrikaanse howe die bepalings van die Wet rakende getuienis, geînterpreteer het. 'n Aanbeveling word gevolglik voorsien ten aansien van hoe artikel gewysig kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/dejure/48/2/EJC182696
2015-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error