1887

oa De Rebus - Van die redakteur

 

Abstract

Praktisyns sal ongetwyfeld verheug wees oor die nuus dat die Getrouheidswaarborgfonds besluit het om bydraes van prokureurs tot die Fonds vanaf 1969 op te skort. Ofskoon die besluit nie onherroeplik is nie, is die aanduidings tog daar dat prokureurs, in die voorsienbare toekoms in elk geval, nie verdere bydraes tot die Fonds sal hoef te maak nie. 'n Kort artikel oor die Fonds verskyn elders in hierdie uitgawe van De Rebus. Daarin word vertel van die moeilike jare wat die Fonds moes beleef. Soms het dit gelyk asof dit nie moontlik gaan wees om kop bo water te hou nie. Eise teen die Fonds was hoog en die bydraes moes etlike kere verhoog word. Nogtans het die Fonds geleidelik gegroei en binnekort sal dit moontlik wees om sonder enige verdere bydraes klaar te kom. Die feit dat prokureurs hulle trustfondse kan belê ten bate van die Fonds het natuurlik 'n groot stoot aan die Fonds gegee en dit is dan ook gepas om hier ons waardering uit te spreek teenoor die destydse Minister van Justisie vir sy welwillendheid deur die nodige wetgewing deur die Parlement te loods.

Loading

Article metrics loading...

/content/derebus/1968/4/AJA02500329_6116
1968-04-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error