1887

oa De Rebus - Van die redakteur

Volume 1969, Issue 22
  • ISSN : 0250-0329

 

Abstract

Daar word reeds geruime tyd kommer uitgespreek oor die feit dat, wat getalle betref, ons beroep relatief agteruitgaan. Daar is wel 'n geleidelike aanwas in ons getalle maar dit vergelyk ongunstig met die land se bevolkingsaanwas, ekonomiese groei en algemene vooruitgang. Daar is baie verskillende en uiteenlopende redes vir hierdie verskynsel, een waarvan ongetwyfeld die feit is dat alle aspirant prokureurs in 'n eksamen in Latyn moet slaag. Hoe belangrik die rol is wat in hierdie verband deur Latyn gespeel word is nog nooit bepaal nie en sal waarskynlik ook nooit met sekerheid bepaal kan word nie. Dit is egter 'n feit dat al mlnder en minder skole Latyn as 'n vak aanbied en, ofskoon dit vir diegene wat nie Latyn op skool gehad het nie moontlik is om die agterstand op universiteit in te haal deur 'n voorbereidende kursus in Latyn te neem, is dit voor die hand liggend dat vele potensiële regstudente wel daardeur afgeskrik word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/derebus/1969/22/AJA02500329_7717
1969-10-01
2017-03-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error