1887

n Educare - Die gesin met 'n chroniese siek ouer (of ouers)

Volume 32, Issue 1_2
  • ISSN : 0256-8829
USD

 

Abstract

In hierdie studie word die effek van chroniese siekte op die gesin ondersoek. 'n Chroniese siekte raak elke lid van die gesin. Die nadelige effek van chroniese siekte kan waargeneem word in wanaanpassings ten opsigte van gesinsrolle en in verhoudings- en kommunikasieprobleme tussen die lede van die gesin. 'n Agteruitgang in die algemene funksionering van die gesin kom ook voor. 'n Empiriese ondersoek waaraan twintig gesinne met 'n chroniese siek ouer of ouers deelgeneem het, is onderneem. Die studie het bevestig dat gesinne met 'n chroniese siek ouer of ouers nie gebruik maak van beskikbare professionele hulp en ondersteuning nie, probleme ervaar met die openbaarmaking van sensitiewe inligting, dat chroniese siek ouers nie begryp watter stres hul kinders moet verduur nie, dat chroniese siek ouers meer sensitief is as die ander lede van die gesin ten opsigte van die impak van die siekte op die gesin en dat die gesin met 'n chroniese siek ouer die slagoffer van die siekte kan word. Die impak van die siekte kan egter verminder word waar die gesin die siekte betekenisvol kan verwerk en bereid is om mekaar te ondersteun.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/educare1/32/1_2/EJC31759
2003-01-01
2017-12-14

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error