1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - US consumers' acceptance of hand-produced apparel from India

 

Abstract

Vervaardigers van kleding moet die ontwerpelemente van verwagte veranderings in die mode korrek vertolk om seker te maak dat hulle die aandag van verbruikers trek en op dié wyse verkope genereer. <br>Die begrippe wat Rogers (1962) in sy teorie oor die verspreiding van innoverende ontwerpe by wyse van kommunikasie noem, is bestudeer om te bepaal in watter mate hierdie teorie 'n teikengroep Amerikaanse verbruikers se aanvaarding van kultureel geïnspireerde kleding uit indië onderskryf. Die hipoteses vir hierdie navorsing berus op Rogers (1962) se teorie en is empiries getoets vir inligting oor 'n klein kledingvervaardiger en om die toepassing van die kenmerke van verspreiding in die tekstiel- en kledingdissiplines uit te brei. Data is by 164 damestudente aan 'n universiteit ingesamel. 'n Vyfpunt- bipolêre skaal is gebruik om ses modelkledingstukke (langbroeke en rompe) ten opsigte van kompleksiteit, familiariteit en aanvaarding te beoordeel. Die kenmerke van die kledingstukke het kleur, konstruksie, kleedstof, sluiting en profiel ingesluit. <br>Die navorsingsbevindinge het Rogers (1962) se teorie gedeeltelik bevestig. Kledingvervaardigers behoort dus kennis te neem dat sommige ontwerpelemente groter potensiaal as ander het wanneer dit by produkontwikkeling en verbruikersaanvaarding kom. Vertroudheid met 'n kledingstuk se kleur en profiel het die grootste invloed op die algemene aanvaarding van die kledingstuk uitgeoefen. Bykomende teoretiese verkenning asook navorsing oor die bemarking van handwerkondernemings is voorgestel.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/28/1/AJA03785254_99
2000-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error