1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Food habits and food preferences of white and coloured South African men in the army (1993-1994)

 

Abstract

Suid-Afrika is 'n ontwikkelende land met 'n sosioekonomies heterogene en multikulturele samelewing. 'n Voedingsoorgangsfase is waargeneem, gekenmerk deur 'n verandering in eetgewoontes - van 'n tradisionele patroon na 'n patroon wat 'n tipies Westerse lewenstyl weerspie�l, met die gepaardgaande risko vir die ontwikkeling van nie-oordraagbare siektetoestande wat met die Westerse lewenstyl geassosieer word. Inligting omtrent eetgewoontes, voedselvoorkeure en eetpatrone kan gebruik word om die negatiewe gevolge van ""voeding in oorgang"" te voorkom, asook vir spyskaartbeplanning. <br>Beperkte inligting is beskikbaar oor die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die Suid-Afrikaanse bevolking. Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van mans (16-25 jaar) uit sewe etniese groepe in die Suid-Afrikaanse bevolking is bepaal. Hierdie mans was dienspligtig in die Suid-Afrikaanse Weermag ten tye van die studie (1993 tot Maart 1994). <br>Die resultate van die studie het daarop gedui dat die sewe etniese groepe (blank, kleurling, Noord- Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zoeloe) in twee groepe verdeel kan word. Daar is bevind dat die blankes en kleurlinge, wat 'n tipies Westerse eetpatroon en voedselvoorkeure gerapporteer het, 'n groep vorm, terwyl die vyf swart etniese groepe, wat deels tradisionele eetgewoontes in kombinasie met Westerse eetgewoontes volg, saam gegroepeer kan word. <br>Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die blanke en kleurlingmans word in hierdie artikel gerapporteer.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/29/1/AJA03785254_37
2001-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error