1887

oa Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe - Household linkages in dispersed settlement around Pietersburg and implications for household resources management

 

Abstract

Hierdie artikel fokus op die skakelings tussen huishoudings in drie vorige tuislanddorpe in die omgewing van Pietersburg en Pietersburg as sentrale gebied. Die ondersoek is vanuit 'n stedelik-geografiese oogpunt gedoen. Inligting oor die skakelings is in die lig van 'n huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk vertolk om die gevolge daarvan vir hulpmiddelbestuur in die huishoudings in die drie dorpe te ontleed. <br>Volgens die huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk is huishoudings in interaksie met hul mikro�mgewings asook met die wyer omgewing. Hierdie interaksie van die huishoudings met hul fisiese en sosiale mikro�mgewings is kortliks ondersoek deur die huishoudings se voorkeur vir die dorpe waar hulle woon te ondersoek. Interaksies tussen die huishoudings en die politieke en ekonomiese subsisteme in die samelewing is ook ondersoek deur die skakelings wat die huishoudings met Pietersburg en die drie vorige tuislanddorpe het, die plek waar hulle werk, waar hulle inkopies doen en van finansiële dienste gebruik maak, waar die kinders skoolgaan en waar hulle aan ontspanningsaktiwiteite deelneem, te bestudeer. <br>Die vertolking van die stedelik-geografiese inligting en die implikasies daarvan vir hulpmiddelbestuur in hierdie huishoudings het daarop gedui dat samewerking tussen stedelike geograwe en verbruikerswetenskaplikes vrugbaar kan wees mits aan sekere detail aandag geskenk word wanneer die navorsing beplan word. Meer besonderhede oor die implikasies van die skakeling tussen huishoudings en hul omgewings kan vanuit die stanspoor ingewin word sodat die gevolge van die skakeling ten opsigte van die huishoudings se hulpmiddelbestuur dieper insigte tot gevolg kan h�.

Loading

Article metrics loading...

/content/famecs/29/1/AJA03785254_39
2001-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error